Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 4/1 bl. 32
  • PAS OP dat jy ander nie laat struikel nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • PAS OP dat jy ander nie laat struikel nie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 4/1 bl. 32

PAS OP dat jy ander nie laat struikel nie

Persone wat bely dat hulle God en Christus liefhet, moet op hulle woorde en dade let. Anders kan hulle een van Jesus se “kleintjies” of volgelinge laat struikel. Jesus self het hierdie gedagte op ’n baie dramatiese wyse tuisgebring toe hy gesê het:

“Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as ’n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.”—Mark. 9:42; Matt. 18:6.

Meulstene soos die een in die prent maak Jesus se verklaring baie indrukwekkend. ’n Dier was nodig om die boonste meulsteen te draai, want dit was 1,2 tot 1,5 meter in deursnee. In die lig van so ’n klip se grootte sou ’n persoon wat met so ’n groot gewig om sy nek in die see gewerp word, geen kans op oorlewing hê nie. Dit is voorwaar ’n groot aansporing om op ons woorde en dade te let!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel