Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 3/15 bl. 23
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Geen ewolusie in baarmoeder
  • Kerk verloor mag
  • Geen skeiding van geestelikes en leke
  • ’n Veranderende kerk in Frankryk
    Ontwaak!—1993
  • Waarom verloor die kerk sy invloed?
    Ontwaak!—1996
  • Die kerk—veranderinge en verwarring
    Ontwaak!—1993
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 3/15 bl. 23

Insig in die nuus

Geen ewolusie in baarmoeder

• Eens op ’n tyd was ’n heersende gedagte onder ewolusioniste die ‘herhalingsteorie’. Daarvolgens sou die ontwikkelende baba in die baarmoeder deur die stadiums van die mens se ewolusie gaan. Alhoewel hierdie teorie deur die meeste ewolusioniste verwerp is, moet enige twyfelgedagtes dat dit moontlik so is, gestil word deur die bevindings van nuwe prenatale kontroleerapparate soos ultrasoniese aftasters en uiters klein mikroskope wat in die baarmoeder geplaas word om die baba se ontwikkeling waar te neem. Volgens berigte van United Press International het dit “baie mites oor menslike ontwikkeling die nek ingeslaan”.

Die persdiens het gesê: “Moniteermetodes soos fetoskopie en ultrasoniese aftasters wat die vorm van ’n ongebore fetus reproduseer, het getoon dat die mens nie deur die hele ewolusie van lewe gaan—van ’n primitiewe eensellige organisme tot ’n visagtige waterskepsel tot mens nie . . . Elke stap tydens fetusontwikkeling is spesifiek menslik.”

Kerk verloor mag

• Nie lank gelede nie het die Rooms-Katolieke Kerk die aangeleenthede van die provinsie Quebec in Kanada heeltemal oorheers. Maar gedurende die afgelope twee dekades het daardie situasie dramaties verander. “The Gazette” van Montreal het onlangs hierdie voorbladopskrif bevat: “Hoe die Kerk sy mag oor mense verloor het.” Dit het gesê: “Rooms-Katolieke priesters is nie meer die gewete van Franse Kanada nie. Hulle is hulle mag ontneem. Hulle kerk is op sy knieë gedwing.” Die koerant het gesê dat mag nou geheel en al in die hande van die politieke owerheid is en dat “die mag van die Kerk . . . feitlik nul is”.

Die koerant het getoon dat hierdie verandering grotendeels aan die volgende te wyte is: “Daar was te veel kerkreëls. Te veel priesters. Te veel broers en nonne. Te veel mag, te veel geld, maar nie genoeg barmhartigheid nie.”

Waar hy toegee dat dit die geval is, het aartsbiskop Gilles Quellet van Rimouski gesê: “Quebec is nie meer ’n Katolieke gemeenskap nie. Ek twyfel of jy selfs kan sê dat dit vandag ’n Christengemeenskap is.”

In Montreal, Kanada se grootste bisdom, het hulpbiskop Jean-Marie Lafontaine gesê dat slegs 35 persent van die 1 695 000 Katolieke aldaar gereeld Kerk toe gaan. In Longueuil het biskop Bernard Hubert gesê dat slegs 20 tot 25 persent van die halfmiljoen Katolieke in sy bisdom nog Sondae die Mis bywoon.

“The Gazette” het gesê dat Le Grand Seminaire in Montreal “soos ’n antiek lyk wat reg is om afgeskuur en gepoleer te word en ’n nuwe en nuttiger rol te kry. Gedurende die afgelope twee dekades het die aantal wat die bediening betree met [meer as] 75 persent afgeneem—135 in 1960 tot ongeveer 20 vandag.”

In meerdere of mindere mate het nie net Rooms-Katolisisme nie, maar die meeste ortodokse kerke in talle dele van die wêreld met dieselfde situasie te kampe. Die invloed van hierdie kerke neem steeds af namate die invloed van antigodsdienstige magte toeneem.—Openbaring hfst. 17.

Geen skeiding van geestelikes en leke

• Presbiteriaanse geestelike Thomas Gillespie van Kalifornië skryf in “Theology Today” dat die afsondering van slegs die geestelikes vir opleiding en onderrigting as ’n “hoër” orde, met die leke as die “laer” orde, “vreemd is vir die teologiese begrip van die lekedom in die Skrif”.

Alhoewel hy meld dat die Bybel wel toon dat daar verskeie leiersrolle is, sê Gillespie dat die hele “volk van God” die opdrag het om God se werk te doen. Hy sê: “Wat hierdie bediening vir die volke van die aarde betref, is daar nie die geringste regverdiging . . . vir daardie ‘tweevlakkige’ onderskeid tussen die ‘gewone gelowige’ en ‘geestelike’, tussen ‘groentjie’ en ‘beroepsman’ nie, wat kenmerkend is van ons huidige gebruik van die woord ‘lekedom’.”

Die geestelike sê dat “die Bybelse gesig van die eenheid van die ‘laos’ [mense, Grieks] van God, van die bediening van alle lede, gerespekteer moet word”. Hy voeg by: “Dit sal slegs verwesenlik word indien die ‘nie-geestelikes’ bereid is om vordering te maak, indien die ‘geestelikes’ bereid is om plek te maak en indien al die lede van God se volk bereid is om uit te gaan.”

Is so ’n bereidwilligheid egter in enige van die vernaamste kerke van die Christendom te bespeur?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel