Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wcg bl. 2-3
  • ’n Brief van die Bestuursliggaam

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Brief van die Bestuursliggaam
  • Wees moedig en maak God gelukkig
  • Soortgelyke materiaal
  • “Wees moedig . . . en tree op”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Hou goeie moed!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • ‘Wees moedig en sterk!’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Wees moedig—Jehovah is met jou!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Wees moedig en maak God gelukkig
wcg bl. 2-3

’n Brief van die Bestuursliggaam

Gedrukte weergawe

Liewe broers en susters:

In sy boodskap aan die gemeente in Smirna het Jesus gesê: “Moenie bang wees vir die dinge wat jy binnekort gaan ly nie” (Op. 2:10). Sy aanmoediging om nie bang te wees nie, was ook bedoel vir ons wat nou “in die dag van die Here” lewe (Op. 1:10). Hierdie is beslis “swaar tye . . . wat moeilik is om deur te kom”, en ons word diep geraak wanneer ons sien dat God se mense regoor die wêreld sterk geloof en moed wys om getrou aan Jehovah te bly. – 2 Tim. 3:​1-5.

’n Man in Bybeltye stap deur ’n groot woestyn.

Hoe kan ons almal seker maak dat ons ons geloof sterk hou en nie ons moed verloor nie? (Heb. 10:39). Dit is dalk nie altyd maklik nie, want ons kan teëgestaan word of selfs vervolg word. Maar ons sal altyd ’n keuse in die saak hê. Of ons nou van nature skaam is of dapper is, ons kan almal kies om Jehovah moedig te ondersteun en te doen wat reg is. Wat kan ons help?

God se geïnspireerde Woord kan jou help om moedig te wees. Dit is vol voorbeelde van moedige manne en vroue. Hierdie boek was geskryf om ons te help om mooi na hulle voorbeelde te kyk en daaroor na te dink. Terwyl jy hulle stories lees, bid tot Jehovah om jou te help om te sien hoe hulle voorbeelde jou kan help met probleme wat jy nou het en moontlik in die toekoms gaan hê. Kyk hoe Jehovah jou kan help om moedig te wees. Kyk ook hoe hierdie manne en vroue se moed jou kan aanmoedig om die volgende te doen:

Om aanpasbaar te wees (Jak. 3:17). Toe Jehovah Saul verwerp het en jong Dawid as die volgende koning gekies het, het Jonatan gewys dat hy lojaal en moedig is deur Jehovah se besluit lojaal te ondersteun.

Om by regverdige beginsels te bly (Heb. 11:​32-34). Dink aan Hananja, Misael en Asarja wat geweier het om voor ’n afgod neer te buig. Hulle was bereid om in ’n brandende vuuroond dood te gaan sodat hulle lojaal aan Jehovah kon bly.

Om oor die waarheid te praat (Matt. 22:16). Dink aan Saulus van Tarsus, wat die waarheid oor Jesus vertel het aan dieselfde mense wat verwag het dat hy hulle moes help om Jesus se volgelinge te vervolg.

Ons bid dat hierdie publikasie jou sal help om selfs meer geloof en moed te hê (Ps. 27:14). Mag Jehovah jou seën terwyl jy jou familie en dié in die gemeente help om God se Koninkryk moedig te ondersteun!

Julle broers,

Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel