Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wcg hfst. 25 bl. 118-121
  • Sy gewete het hom gehelp om moedig te wees

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sy gewete het hom gehelp om moedig te wees
  • Wees moedig en maak God gelukkig
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Soek dieper
  • Dink aan die lesse
  • Dink na oor die groter prentjie
  • Leer meer
  • Dawid en Saul
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Dawid word koning gemaak
    My boek met Bybelverhale
  • Hoekom Dawid moet vlug
    My boek met Bybelverhale
  • Hy het sy denkwyse verander
    Wees moedig en maak God gelukkig
Sien nog
Wees moedig en maak God gelukkig
wcg hfst. 25 bl. 118-121

25 DAWID

Sy gewete het hom gehelp om moedig te wees

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

’N VLUGTELING! Dawid was eens op ’n tyd Saul se geliefde wapendraer en toe later sy betroubare generaal. Maar nou het Dawid vir sy lewe gevlug. God het belowe om Dawid koning te maak, maar nou het hy in die wildernis weggekruip en probeer om homself en sy 600 manne aan die lewe te hou.

Saul het ’n slegte koning geword. Hy het toegelaat dat sy jaloesie teenoor Dawid hom tot die uiterste dryf, en het selfs probeer om Dawid meer as een keer dood te maak. Dawid het een keer die koning se lewe gespaar, maar Saul het aanhou probeer om hom dood te maak. Die manne van die stad Sif het Dawid in die rug gesteek. Vir die tweede keer het hulle vir Saul gesê waar Dawid weggekruip het. Saul en sy leërmag het Dawid agternagesit.

Wat sou Dawid doen? Eers het hy ’n paar manne gestuur om uit te vind waar Saul was. Alhoewel Saul 3 000 manne in sy leërmag gehad het, was Dawid nie bang nie. Dit was eintlik omtrent gedurende hierdie tyd dat Dawid geskryf het: “Kyk! God is my helper. Jehovah is met dié wat my ondersteun” (Ps. 54:4; opskrif). So Dawid het besluit om in die nag na Saul se kamp toe te gaan. Hy het gevra of enige iemand saam met hom wou gaan.

Abisai het gesê dat hy saam met Dawid sou gaan. Hy was Dawid se suster se kind en ’n vreeslose maar soms genadelose vegter. Terwyl Dawid en Abisai stilletjies in Saul se kamp gegaan het, het hulle gesien dat almal slaap. Om die waarheid te sê, Jehovah het veroorsaak dat daardie manne vas slaap. En daar was koning Saul! Hy was ook vas aan die slaap, sonder beskerming, met sy spies langs sy kop in die grond gesteek.

Dawid en Abisai gaan gedurende die nag stilletjies in Saul se tent terwyl hy vas aan die slaap is. Saul se spies staan langs sy kop.

Wat sou Dawid doen? Dit sou so maklik wees om Saul dood te maak! Sou Dawid uiteindelik vry wees van Saul wat hom wil doodmaak en dalk selfs koning word? Abisai kon nie verstaan hoekom Dawid gehuiwer het om Saul dood te maak nie. Hy het gefluister: “God het vandag jou vyand in jou hand gegee. Laat ek hom asseblief net een keer met die spies teen die grond vaspen. Ek sal dit nie twee keer hoef te doen nie.”

Dawid het goed onthou toe hy die laaste keer in ’n soortgelyke situasie was. In die wildernis van En-Gedi het Saul in ’n grot ingekom waar Dawid weggekruip het. Maar Saul het nie besef dat Dawid daar was nie, en daarom sou dit maklik vir Dawid gewees het om Saul dood te maak. Dawid het dit toe nie gedoen nie; hy het eerder net ’n klein stukkie van Saul se kleed afgesny. Maar selfs dit het Dawid se gewete gepla. Hy was teleurgesteld in homself omdat hy nie Jehovah se gesalfde koning met respek behandel het nie.

Daardie aand kon dit nie maklik vir Dawid gewees het om Abisai te keer nie. Abisai het ook as ’n vlugteling gelewe. Al Dawid se manne wou sekerlik graag hê dat Saul moes ophou om hulle te vervolg. Maar Dawid het nog steeds geweier om Saul terug te kry. Hy het Abisai reggehelp en hom aangemoedig om geduldig te wees. Dawid het Abisai verseker: “So waar as wat Jehovah lewe, Jehovah sal [Saul] doodmaak, of sy dag sal kom en hy sal sterf, of hy sal in die oorlog doodgemaak word.” Toe het hy bygevoeg: “Ek [sal] nie eers daaraan dink om my hand vir die gesalfde van Jehovah te lig nie!”

Wat sou Dawid doen toe daar druk op hom geplaas word om ’n magtige vyand dood te maak?

Dawid het geweet dat Jehovah Saul op die regte tyd sou straf. In die psalm wat vroeër genoem was, het hy van Jehovah geskryf: “Hy sal my vyande terugbetaal met hulle eie goddeloosheid” (Ps. 54:5). So Dawid en Abisai het Saul se kamp verlaat en na ’n hoër plek daar naby gegaan. Dawid het na Saul en sy soldate uitgeroep. Hy het die manne gevra hoekom hulle nie die koning beskerm het nie. Hy het ook vir Saul gesê dat hy sy tyd mors om hom agterna te sit, want hy is soos “’n enkele vlooi” wat geen bedreiging vir die koning is nie. Saul het baie skaam gevoel. Hy het erken: “Ek het onverstandig opgetree en ’n groot fout gemaak.”

Het Saul toe verander? Dawid het heel moontlik geweet dat Saul nie sou verander nie. Maar hy was nie spyt dat hy moedig was deur na sy godgegewe gewete te luister nie. En later het Jehovah sy moedige en lojale kneg geseën meer as wat Dawid hom ooit kon voorstel.

Lees die Bybelverslag:

  • 1 Samuel 16:21; 18:​5-14; 23:19; 24:​3-7; 26:​1-25

Om te bespreek:

Hoe het Dawid gewys dat hy moedig is gedurende hierdie deel van sy lewe?

Soek dieper

  1. 1. Alhoewel Abisai geneig was om genadeloos en impulsief te wees, hoe het hy moedig Jehovah se mense verdedig en Dawid ondersteun? (it “Abisai” ¶3-5-wcgr)

  2. 2. Hoekom het Dawid homself vergelyk met “’n patrys op die berge”? (1 Sam. 26:20; it “Patrys” ¶4-wcgr) A

    ’n Patrys staan op ’n rots in die berge.

    Ekaterina Kolomeets/stock.adobe.com

    Prent A

  3. 3. Hoekom het Dawid geduld nodig gehad? (w17.08 6-7 ¶14-15)

  4. 4. Hoe het Dawid aangehou om beskeie te wees jare ná die gebeure in hierdie verslag? (w21.09 10 ¶8) B

    Koning Dawid wys vir Salomo baie van die materiaal wat hy vir die bou van die tempel gekry het.

    Prent B

Dink aan die lesse

  • Al het Saul baie foute gemaak, het Dawid sy gesag gerespekteer. Hoe kan ons Dawid navolg in ons beskouing van . . .

    • ons ouers? C

      ’n Tienermeisie en haar vriendin gaan uit die huis uit met ’n bal. Terwyl hulle uit stap, wys die ma na ’n hoop vuil skottelgoed in die kombuis.

      Prent C

    • die regering? D

      ’n Broer, sy vrou en hulle dogter loop deur ’n groot storm. Hulle is kalm terwyl hulle die instruksies van ’n polisieman volg, wat hulle na veiligheid lei.

      Prent D

    • gemeentelike ouermanne? E

      ’n Ouer ouerman luister mooi terwyl ’n jonger ouerman verduidelik hoe om ’n trollie op te stel.

      Prent E

  • Dawid het moedig na sy godgegewe gewete geluister. In watter situasies moet ons dalk moedig ons gewete volg?

  • Op watter ander maniere kan jy die moed navolg wat Dawid in hierdie verslag gewys het?

Dink na oor die groter prentjie

  • Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?

  • Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?

  • Wat sou ek Dawid graag oor hierdie deel van sy lewe wou vra nadat Jehovah hom opgewek het?

Leer meer

Kyk hoe die gebeure van hierdie verslag ’n werklikheid word.

Onthou hoe die liefde hom gedra – Verdra alles (1:29)

Wat kan kinders by Saul leer, wat ’n nederige begin gehad het, maar toe later trots geword het?

“Koning Saul” (Bybelkarakterkaart op jw.org)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel