Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wcg hfst. 12 bl. 62-65
  • Hy het lojaal vir sy God geveg

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy het lojaal vir sy God geveg
  • Wees moedig en maak God gelukkig
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Soek dieper
  • Dink aan die lesse
  • Dink na oor die groter prentjie
  • Leer meer
  • Volg jy Jehovah volkome na?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Die twaalf spioene
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Volg Jehovah heelhartig
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
  • Vertrou op Jehovah met jou hele hart
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Sien nog
Wees moedig en maak God gelukkig
wcg hfst. 12 bl. 62-65

12 KALEB

Hy het lojaal vir sy God geveg

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

OMTRENT dieselfde tyd toe Moses uit Egipte gevlug het, het ’n Israelitiese paartjie wat slawe daar was, ’n babaseuntjie met die naam Kaleb gehad. Die kind het as ’n slaaf grootgeword, maar het toe later vryheid geniet. Toe Kaleb omtrent 40 jaar oud was, het Moses na Egipte teruggegaan omdat Jehovah hom gestuur het om Sy volk, Israel, te bevry. Kaleb moes seker verbaas en opgewonde gewees het toe hy sien hoe Jehovah sy krag gewys het. Jehovah het die Egiptenare met die Tien Plae getref, die waters by die Rooisee verdeel en Sy volk op ’n magtige manier uit Egipte gered.

Kaleb het nooit daardie geloofversterkende gebeure vergeet nie. Hy het getrou gebly toe baie Israeliete geloof in Jehovah verloor het en net ’n paar maande later by die berg Sinai gerebelleer het. Nie lank daarna nie, het Kaleb ’n spesiale toewysing gekry: om die Beloofde Land te gaan verken saam met Josua en tien ander Israelitiese hoofmanne.

Die 12 manne het moedig na Kanaän toe gegaan en 40 dae daar spandeer om die stede, die mense en die voedsel van die land te verken. Hulle het teruggekom met ’n hele paar vrugte, insluitende ’n tros druiwe wat so groot was dat twee mans dit moes dra. Maar toe dit tyd was om ’n verslag aan die Israeliete te gee, was Kaleb seker teleurgesteld toe hy hoor wat die ander tien spioene gesê het. Ons lees: “Hulle het aangehou om die Israeliete negatiewe dinge te vertel.” Hulle het gekla dat die Kanaäniete te sterk was om te oorwin en dat hulle baie groot was. Hulle het selfs gesê dat daardie Kanaäniete kinders van die Nefilim was. Dit was belaglik, want die Nefilim was tydens die Vloed vernietig. Al die mense was mismoedig, en party het selfs gesê dat hulle ’n nuwe leier wou aanstel om hulle terug Egipte toe te vat.

Kaleb praat met ander Israeliete en wys vir hulle die vrugte van die Beloofde Land. Josua, Moses en Aäron staan daar naby terwyl ander in die skare kwaad word.

Kaleb en Josua het nie moed verloor nie. Hulle het die Israeliete se geloof probeer versterk deur te sê: “Jehovah is met ons. Moenie vir hulle bang wees nie.” Maar dit het daardie Israeliete wat nie geloof gehad het nie, net kwater gemaak. Hulle het selfs gesê dat hulle Kaleb en Josua met klippe wou doodgooi!

Jehovah was diep seergemaak. Ná alles wat hy vir sy volk gedoen het om hulle van die magtige Egiptenare te bevry, het hulle vinnig geloof in hom verloor. Maar God het die moed en geloof van Kaleb en Josua gesien. Jehovah het selfs gesê: “My kneg Kaleb [het] ’n ander gees geopenbaar . . . en my heelhartig bly volg.” Jehovah het besluit dat al die Israeliete wat nie geloof gewys het nie, in die wildernis sou sterf.a Maar Kaleb en Josua sou deel wees van ’n klein groepie mense wat Jehovah sou toelaat om te bly lewe en om in die Beloofde Land in te gaan.

Kaleb het getrou gebly aan Jehovah selfs toe die Israeliete nie was nie en al wou hulle hom seermaak

Regdeur die 40 jaar wat Israel in die wildernis was, het Kaleb aangehou om geloof en moed te wys. Hy het Moses lojaal ondersteun. En ná Moses se dood het hy Josua lojaal ondersteun toe Jehovah Josua gevra het om Sy volk deur die Jordaanrivier en tot in die Beloofde Land te lei. Selfs toe Kaleb oud was, het hy moedig teen God se vyande in Kanaän geveg.

Ses jaar nadat God se volk die Jordaanrivier oorgesteek het, was die meeste van die Beloofde Land al oorwin. Dit was uiteindelik tyd vir Kaleb om te besluit waar hy wou bly. Hy het Hebron gekies, dieselfde plek wat daardie tien spioene gesê het nie oorwin kon word nie as gevolg van die reuse manne wat daar gebly het. Al was Kaleb 85 jaar oud, was hy oortuig van wat sou gebeur: “Jehovah sal beslis met my wees, en ek sal hulle verdryf, net soos Jehovah belowe het.” En dit is presies wat gebeur het. Kaleb het die stad oorwin en daar gebly. Daarna sê die Bybel: “En die land het vrede gehad, en daar was nie oorlog nie.”

Baie jare vroeër het Moses vir Kaleb gesê: “Jy [het] Jehovah my God heelhartig gevolg.” Ons kan seker wees dat Kaleb aangehou het om dit te doen totdat hy gesterf het. En hy sal dit sekerlik weer doen!

Lees die Bybelverslag:

  • Numeri 13:1–14:​12, 20-38

  • Josua 14:​6-15

Om te bespreek:

Hoe het Kaleb gewys dat hy moedig is?

Soek dieper

  1. 1. Was die druiwe in die Beloofde Land regtig so groot soos dit in Numeri 13:23 beskryf word? (w06 6/15 16 ¶1-2)

  2. 2. Was daar regtig ’n oorvloed van “melk en heuning” in die Beloofde Land soos Kaleb en Josua dit beskryf het? (Num. 14:8; w11 3/1 15) A

    ’n Argeoloog bestudeer byekorwe wat van klei gemaak is in Israel.

    Institute of Archaeology/Hebrew University © Tel Rehov Excavations

    Prent A: Byekorwe van klei wat omtrent 3 000 jaar gelede gemaak is.

  3. 3. Hoe ver was die Israeliete van die Beloofde Land af toe Moses die 12 spioene uit Kades gestuur het? (w04 10/15 17 ¶11-12) B

    ’n Kaart wat die lang reis van die Israeliete wys vanaf Egipte verby berg Sinai tot in Kades. Dit wys ook die kort reis van Kades tot Berseba en Hebron in die Beloofde Land.

    Prent B

  4. 4. Hoe het Jehovah Kaleb se geloof en moed beloon? (w06 10/1 18 ¶11)

Dink aan die lesse

  • Alhoewel Kaleb geloof gewys het, moes hy saam met die res van die Israeliete in die wildernis bly. Maar hy het nog steeds aangehou om nederig op Jehovah te vertrou. In watter situasies kan ons Kaleb se voorbeeld navolg?

  • Hoe help Kaleb se voorbeeld ons om nie “agter die meerderheid aan te gaan nie”? (Eks. 23:2) C

    Collage: 1. ’n Suster hou ’n foon vas wat ’n fliek adverteer wat binnekort uitkom, met die titel “Die Dooie Bestemming”. ’n Bybel is voor haar op die tafel oop. 2. Boodskappe op haar foon sê: “Hierdie fliek lyk baie cool! Wil julle Vrydag gaan?” “Ja! Kan nie wag nie!” en “Ons is in!” Die suster antwoord: “Nie seker nie. Kan ons later saam hieroor praat?” 3. ’n Jong broer, ’n paartjie en ’n jong suster kyk almal met opgewondenheid na die uitnodiging op hulle fone. Die suster wat vroeër gewys was, is bekommerd oor die uitnodiging waarna sy kyk.

    Prent C

  • Op watter ander maniere kan jy Kaleb se moed navolg?

Dink na oor die groter prentjie

  • Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?

  • Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?

  • Wat sou ek Kaleb graag wou vra nadat Jehovah hom opgewek het?

Leer meer

Kyk hoe Kaleb se geloof verband gehou het met sy moed.

“Moedig weens geloof en godvrugtige vrees” (w06 10/1 16-19 ¶1-12)

Hoekom kon die 85-jarige Kaleb sê: “Ek [het] Jehovah my God heelhartig gevolg”? (Jos. 14:8)

“Volg jy Jehovah volkome na?” (w93 5/15 26-29)

a Jehovah se besluit het nie die Leviete of enige van die Israeliete ingesluit wat nog nie 20 jaar oud was nie. – Num. 14:29.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel