Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wcg hfst. 5 bl. 32-35
  • Al was dit moeilik, was hy gehoorsaam aan God

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Al was dit moeilik, was hy gehoorsaam aan God
  • Wees moedig en maak God gelukkig
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Soek dieper
  • Dink aan die lesse
  • Dink na oor die groter prentjie
  • Leer meer
  • Jehovah het hom “my vriend” genoem
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • ’n Toets van geloof
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Die eerste man om ’n regverdige oorlog te voer
    Wees moedig en maak God gelukkig
  • God toets Abraham se geloof
    My boek met Bybelverhale
Sien nog
Wees moedig en maak God gelukkig
wcg hfst. 5 bl. 32-35

5 ABRAHAM

Al was dit moeilik, was hy gehoorsaam aan God

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

ABRAHAM het stadig maar seker die een voet voor die ander gesit, vasbeslote om by sy bestemming uit te kom. Al het hierdie reis net ’n paar dae geneem, was dit beslis die moeilikste reis van sy hele lewe.

Hy het aanhou dink aan wat Jehovah vir hom gevra het om te doen: “Neem asseblief jou seun Isak, jou enigste seun wat jy só liefhet, en reis na die land Moria en offer hom daar as ’n brandoffer op een van die berge wat ek jou sal wys.” Jehovah het geweet hoe lief Abraham vir Isak was. So hoe kon God so iets vra? En hoe was dit vir Abraham moontlik om genoeg geloof en moed te hê om gehoorsaam te wees?

Abraham en Isak stap teen ’n berg op. Abraham dra ’n houer met warm kole en Isak dra ’n bondeltjie hout. Isak kyk oor sy skouer na Abraham wat na die hemel opkyk.

Die Bybel noem Abraham “die vader . . . van almal wat geloof het” (Rom. 4:11). Sy geloof was alreeds sterk lank voor hierdie reis, en Jehovah het hom oor die jare gehelp om dit sterker te maak. Byvoorbeeld, baie jare vroeër het God vir Abraham gesê dat Hy die goddelose stede van Sodom en Gomorra sou vernietig. Dit het Abraham baie ontstel, en daarom het hy Jehovah gevra of hy regtig die goeie mense met die slegte mense sou vernietig. Jehovah het Abraham geduldig gehelp om te sien dat Hy nie daardie stede sou vernietig nie selfs al was daar net ’n paar regverdige mense (Gen. 18:​16-33). Abraham het nooit die les vergeet nie: Jehovah is regverdig en genadig.

Jehovah het vir Abraham gevra om iets te doen wat geen liefdevolle pa ooit sou dink om te doen nie. Waar sou Abraham die moed vind om gehoorsaam te wees?

Nie lank daarna nie, het Jehovah vir Abraham en Sara ’n wonderlike geskenk gegee. Al was Sara amper 90 jaar oud, en Abraham amper 100, het Jehovah dit vir hulle moontlik gemaak om ’n seun, Isak, te hê! Abraham het gesien dat niks vir Jehovah onmoontlik is nie. Hy kon selfs lewe gee aan iets wat so goed as dood was (Rom. 4:​18, 19). Daardie les het ook na aan Abraham se hart gebly.

Nou, omtrent 25 jaar later, het Abraham sekerlik oor en oor aan hierdie lesse gedink terwyl hy op pad na Moria was. Hy het besef dat selfs as Isak sou sterf, Jehovah die krag en die begeerte het om hom weer op te wek! (Heb. 11:19) So terwyl Abraham op pad was na sy bestemming, het sy hoop hom die moed gegee wat hy nodig gehad het.

Toe Abraham die plek wat Jehovah gekies het van ’n afstand sien, het hy vir sy knegte gesê om agter te bly terwyl hy en Isak opgaan om ’n offerande te maak. Hy het vol vertroue gesê dat hy en Isak weer sou terugkom. Toe hulle heeltemal alleen op die berg was, was dit uiteindelik tyd vir Abraham om te doen wat Jehovah vir hom gevra het. Isak het nederig toegelaat dat sy bejaarde pa sy hande en voete vasbind en hom op die altaar sit. Abraham was gereed om te doen wat geen liefdevolle pa ooit sou dink om te doen nie. Hy het die mes in sy hand geneem en sy arm opgelig, toe het hy gestop toe ’n engel sy naam uitroep en sê: “Moenie die seun seermaak nie.”

God het Abraham toe geprys vir sy geloof en gehoorsaamheid. Hy het weer eens belowe om Abraham te seën, sy nageslag te vermeerder en om dit vir “al die nasies van die aarde” moontlik te maak om baie seëninge te ontvang as gevolg van wat Abraham bereid was om te doen.

Die belofte wat Jehovah aan Abraham gemaak het, is nog steeds besig om waar te word. Die seëninge van daardie belofte sal vir ewig hou. Die verhaal van Abraham vertel ons nog iets oor Jehovah. Jehovah het vir ons gewys wat hy sou deurmaak om alle getroue mense te red. Abraham was bereid om sy geliefde seun op te offer. Net so was Jehovah ook bereid om sy eniggebore Seun, Jesus, op te offer sodat alle mense ’n wonderlike toekoms kan hê (Joh. 3:16). So wanneer ons lees oor Abraham se onselfsugtige daad, leer ons ook hoe baie Jehovah ons liefhet.

Net soos Abraham sal ons geloof ook sterker word wanneer ons diep nadink oor wat Jehovah in die verlede gesê en gedoen het. En soos ons geloof sterker word, sal ons moed ook sterker word. Ons hoef nie bekommerd te wees dat God vir ons sal vra wat hy vir Abraham gevra het om te doen nie. Hy het nog nooit vir enige iemand anders gevra om dit te doen nie. Maar ons kan hiervan seker wees: As ons geloof in ons God het, sal ons die moed hê om gehoorsaam te wees, maak nie saak wat hy ons vra om te doen nie. En ons gehoorsaamheid sal meer seëninge bring as wat ons ons kan voorstel!

Lees die Bybelverslag:

  • Genesis 22:​1-19

  • Hebreërs 11:​11, 12, 17-19

Om te bespreek:

Hoe het Abraham gewys dat hy moedig is gedurende hierdie deel van sy lewe?

Soek dieper

  1. 1. Watter bewyse is daar dat Abraham regtig gelewe het? (g 5/12 18, venster; Joh. 8:​31-40) A

    Prent A: Eertydse skrif op ’n muur in Karnak, Egipte, noem die “land van Abraham”

  1. 2. Hoe het Abraham dalk van Jehovah God geleer? (ia 26 ¶4-5)

  2. 3. Hoekom het Jehovah Abraham se aanbidding aanvaar? (rr 20 ¶18)

  3. 4. Hoe wys Jehovah se belofte aan Abraham in Genesis 22:17 dat die Bybel wetenskaplik akkuraat is? (g88 4/8 25) B

Die naglug vol sterre oor ’n pragtige strand.

Prent B

Prent B

Dink aan die lesse

  • Hoe het Abraham se hoop hom gehelp om moedig te wees? Hoe sal dit ons help om moedig te wees as ons fokus op ons hoop? C

    Collage: 1. ’n Hartseer man kyk met verlange na ’n foto van homself en sy oorlede vrou op hulle troudag. 2. Hy sien hulle in die Paradys terwyl hulle hand aan hand op ’n strand stap.

    Prent C

  • Hoe kan ons Abraham se moed navolg en ’n offerande maak wanneer ons . . .

    • ’n geleentheid sien om met iemand oor Jehovah te praat? (Heb. 13:15)

    • besluit hoe om ons materiële dinge te gebruik? (Spr. 3:9)

    • uitvind dat ons broers en susters ons hulp nodig het? (Fil. 4:18)

  • Op watter ander maniere kan jy die moed navolg wat Abraham in hierdie verslag gewys het?

Dink na oor die groter prentjie

  • Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?

  • Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?

  • Wat sou ek Abraham of Isak graag wou vra nadat Jehovah hulle opgewek het?

Leer meer

Kyk hoe die gebeure in hierdie verslag ’n werklikheid word.

Volg hulle geloof na – Abraham, Deel 2 (11:10)

Hoe het Abraham ’n goeie vriend van Jehovah geword, en hoe kan jy jou vriendskap met Jehovah versterk?

“Jehovah het hom ‘my vriend’ genoem” (w16.02 3-8)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel