Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • od hfst. 2 bl. 12-16
  • Erken Christus se rol in God se reëling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Erken Christus se rol in God se reëling
  • Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WAT CHRISTUS SE ROL IS
  • WAT ERKENNING VAN SY ROL BETEKEN
  • Die boodskap wat ons moet verkondig
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
  • Waarom moet ons “die Christus” volg?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Hoe Jesus Christus ons kan help
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • God se voorneme nader vervulling
    Gee God werklik vir ons om?
Sien nog
Georganiseer om Jehovah se wil te doen
od hfst. 2 bl. 12-16

HOOFSTUK 2

Erken Christus se rol in God se reëling

“IN DIE begin het God die hemel en die aarde geskep”, en alles wat hy gemaak het, was “baie goed” (Gen. 1:1, 31). Jehovah het die mens met wonderlike vooruitsigte vir die toekoms gemaak. Maar die opstand in Eden het die gelukkige toestand van die mens tydelik onderbreek. Tog het Jehovah se voorneme met die aarde en die mensdom nie verander nie. God het gesê dat daar redding vir gehoorsame nakomelinge van Adam sou wees. Ware aanbidding sou herstel word, en God sou die Duiwel en al sy goddelose werke vernietig (Gen. 3:15). Dinge sal weer eens “baie goed” wees. Jehovah sal dit deur middel van sy Seun, Jesus Christus, doen (1 Joh. 3:8). Daarom is dit baie belangrik dat ons Christus se rol in God se reëling erken. – Hand. 4:12; Fil. 2:9, 11.

WAT CHRISTUS SE ROL IS

2 Wanneer ons aan Christus se rol in God se reëling dink, besef ons dat sy rol baie fasette het. Jesus dien as die mensdom se Verlosser, as Hoëpriester, as Hoof van die Christengemeente en nou as Koning van God se Koninkryk. Wanneer ons oor hierdie rolle nadink, vergroot dit ons waardering vir God se reëling en laat dit ons liefde vir Christus Jesus toeneem. Die Bybel beskryf party van sy rolle.

Jesus speel die grootste rol daarin om Jehovah se voorneme met die mens waar te laat word

3 Gedurende Christus se aardse bediening het dit duidelik geword dat gehoorsame mense deur middel van Jesus met God versoen sou word (Joh. 14:6). As die mensdom se Verlosser het Jesus homself as ’n losprys in ruil vir baie gegee (Matt. 20:28). Jesus se gedrag was dus meer as net ’n voorbeeld van iemand wat God geëer het. Hy speel die grootste rol daarin om Jehovah se voorneme met die mens waar te laat word. Dit is net deur hom dat ons weer God se guns kan geniet (Hand. 5:31; 2 Kor. 5:18, 19). Jesus se offerdood en sy opstanding het dit moontlik gemaak vir gehoorsame mense om ewige seëninge onder die heerskappy van God se hemelse Koninkryk te geniet.

4 As Hoëpriester kan Jesus “met ons swakhede . . . simpatiseer” en versoening doen vir die sondes van sy toegewyde volgelinge hier op aarde. Die apostel Paulus het verduidelik: “Ons het nie ’n hoëpriester wat nie met ons swakhede kan simpatiseer nie, maar ons het een wat in alle opsigte soos ons getoets is, maar sonder sonde.” Toe het Paulus mense wat geloof in Jesus Christus beoefen het, aangespoor om hierdie reëling vir versoening met God ten volle te gebruik. Hy het gesê: “Laat ons dan die troon van onverdiende goedheid met vrymoedigheid nader, sodat ons genade kan ontvang en onverdiende goedheid kan vind om ons op die regte tyd te help.” – Heb. 4:14-16; 1 Joh. 2:2.

5 Jesus is ook die Hoof van die Christengemeente. Net soos sy ware volgelinge in die eerste eeu het ons vandag ook nie ’n menseleier nodig nie. Jesus gee leiding deur die heilige gees en deur bekwame onderherders, wat teenoor hom en sy hemelse Vader aanspreeklik is vir die manier waarop hulle vir die kudde van God sorg (Heb. 13:17; 1 Pet. 5:2, 3). Jehovah het profeties van Jesus gesê: “Kyk! Ek het hom ’n getuie vir die nasies gemaak, ’n leier en ’n bevelvoerder vir die nasies” (Jes. 55:4). Jesus het bevestig dat hierdie profesie vervul is toe hy vir sy dissipels gesê het: “Moet julle ook nie leiers laat noem nie, want julle het net een Leier, die Christus.” – Matt. 23:10.

6 Jesus se gesindheid en bereidwilligheid om ons te help, kan gesien word in sy uitnodiging: “Kom na my toe, almal wat uitgeput is en ’n swaar las dra, en ek sal julle nuwe krag gee. Neem my juk op julle en leer by my, want ek is saggeaard en nederig van hart, en julle sal nuwe krag kry. Want my juk is maklik om te dra, en my vrag is lig” (Matt. 11:28-30). Jesus Christus bestuur die Christengemeente met sagmoedigheid en op ’n manier wat ons nuwe krag gee. Op hierdie manier wys hy dat hy “die goeie herder” is in navolging van sy hemelse Vader, Jehovah God. – Joh. 10:11; Jes. 40:11.

7 In sy eerste brief aan die Korintiërs het Paulus ’n ander faset van Jesus Christus se rol met hierdie woorde verduidelik: “Hy moet as koning regeer totdat God alle vyande onder sy voete geplaas het. Maar wanneer alles aan hom onderwerp is, sal die Seun hom ook onderwerp aan die Een wat alles aan hom onderwerp het, sodat God alles vir elkeen kan wees” (1 Kor. 15:25, 28). Jesus was die eerste van God se skeppingswerke, en voordat hy aarde toe gekom het, was hy God se “meesterwerker” (Spr. 8:22-31). Toe God Jesus aarde toe gestuur het, het hy te alle tye God se wil gedoen. Hy het die allergrootste toets deurgemaak en getrou aan sy Vader gesterf (Joh. 4:34; 15:10). Omdat sy Seun selfs tot die dood lojaal was, het God hom tot hemelse lewe opgewek en hom die reg gegee om Koning van die hemelse Koninkryk te wees (Hand. 2:32-36). As Koning het Christus Jesus die ontsagwekkende toewysing van God ontvang om ’n menigte magtige geesskepsele te lei wanneer menseheerskappy van die aarde verwyder word en ons planeet van alle goddeloosheid bevry word (Spr. 2:21, 22; 2 Tess. 1:6-9; Op. 19:11-21; 20:1-3). Dan sal God se hemelse Koninkryk onder Christus die enigste regering oor die hele aarde wees. – Op. 11:15.

WAT ERKENNING VAN SY ROL BETEKEN

8 Jesus Christus, ons Voorbeeld, is volmaak. Hy het die opdrag ontvang om vir ons te sorg. Om sy liefdevolle, waaksame sorg te hê, moet ons lojaal bly aan Jehovah en bybly met Jehovah se progressiewe organisasie.

9 Jesus se volgelinge in die eerste eeu het Christus se rol in God se reëling ten volle erken. Hulle het dit gewys deur in eenheid saam te werk onder Christus se hoofskap en hulle te onderwerp aan sy leiding, wat deur middel van die heilige gees gegee is (Hand. 15:12-21). Die apostel Paulus het na die eenheid van die gesalfde Christengemeente verwys toe hy geskryf het: “Laat ons die waarheid praat en deur liefde in alles groei sodat ons kan wees soos hy wat die hoof is, Christus. Uit hom word die hele liggaam harmonies saamgevoeg en gemaak om saam te werk omdat elke gewrig gee wat nodig is. As elke deel behoorlik funksioneer, dra dit by tot die groei van die liggaam, en so bou die liggaam homself in liefde op.” – Ef. 4:15, 16.

10 Wanneer elke lid van die gemeente met die ander saamwerk en almal harmonies onder Christus se hoofskap werk, is daar groei en ’n warm gees van liefde, wat “’n volmaakte band van eenheid” is. – Joh. 10:16; Kol. 3:14; 1 Kor. 12:14-26.

11 Wêreldgebeure wat Bybelprofesieë vervul, bewys sonder enige twyfel dat Koninkryksmag sedert 1914 aan Jesus Christus gegee is. Hy heers nou tussen sy vyande (Ps. 2:1-12; 110:1, 2). Wat beteken dit vir mense wat nou op die aarde lewe? Jesus sal binnekort in sy rol as Koning van die konings en Here van die here optree wanneer hy God se oordeel teen sy vyande uitvoer (Op. 11:15; 12:10; 19:16). Dan sal die belofte van redding wat Jehovah aan die begin van die mens se opstand gemaak het, waar word vir mense wat aan Christus se regterhand van guns is (Matt. 25:34). Hoe bly is ons tog dat ons Christus se rol in God se reëling erken! Mag ons verenig bly terwyl ons gedurende hierdie laaste dae ’n wêreldwye bediening onder Christus se leierskap uitvoer.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel