Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • bm deel 4 bl. 7
  • God se verbond met Abraham

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God se verbond met Abraham
  • Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah het hom “my vriend” genoem
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Wie was Abraham?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Abraham en Sara—Jy kan hulle geloof navolg!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Abraham en Sara was gehoorsaam aan God
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
Sien nog
Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
bm deel 4 bl. 7
Abraham kyk na die sterre

DEEL 4

God sluit ’n verbond met Abraham

Abraham gehoorsaam God in geloof, en Jehovah belowe om hom te seën en sy nakomelinge te vermeerder

SOWAT 350 jaar het verloop sedert die Vloed van Noag se dag. Die aartsvader Abraham het in die florerende stad Ur gewoon, in wat vandag Irak genoem word. Abraham was ’n man met uitsonderlike geloof. Maar sy geloof is nou op die proef gestel.

Jehovah het vir Abraham gesê om sy geboorteland te verlaat en na ’n vreemde land te trek, naamlik die land Kanaän. Abraham het sonder aarseling gehoorsaam. Hy het sy huishouding saamgeneem, insluitende sy vrou, Sara, en sy broerskind Lot, en ná die lang reis het hy ’n tentbewoner in Kanaän geword. In ’n verbond wat Hy met Abraham gesluit het, het Jehovah belowe dat Hy hom ’n groot nasie sou maak, dat al die families van die aarde deur middel van hom geseën sou word en dat sy nageslag die land Kanaän sou besit.

Abraham en Lot was voorspoedig en het groot kuddes skape en troppe beeste versamel. Op onselfsugtige wyse het Abraham Lot laat kies watter gebied hy wou hê. Lot het die vrugbare Jordaandistrik gekies en naby die stad Sodom gaan woon. Die manne van Sodom was egter onsedelik—growwe sondaars teen Jehovah.

Jehovah God het Abraham later opnuut verseker dat sy nageslag so talryk soos die sterre van die hemel sou word. Abraham het geloof gestel in hierdie belofte. Maar Abraham se geliefde vrou, Sara, het kinderloos gebly. Toe Abraham egter 99 jaar oud en Sara byna 90 was, het God vir Abraham gesê dat hy en Sara ’n seun sou hê. Net soos God gesê het, het Sara aan Isak geboorte gegee. Abraham het ander kinders gehad, maar die Verlosser wat in Eden belowe is, sou deur Isak kom.

In hierdie tyd het Lot en sy gesin in Sodom gewoon, maar die regverdige Lot het nie soos die stad se onsedelike inwoners geword nie. Toe Jehovah besluit het om oordeel aan Sodom te voltrek, het hy engele vooruit gestuur om Lot oor die naderende vernietiging te waarsku. Die engele het Lot en sy gesin aangespoor om uit Sodom te vlug en nie om te kyk nie. Toe het God vuur en swael op Sodom en die nabygeleë goddelose stad Gomorra laat reën en al hulle inwoners vernietig. Lot en sy twee dogters het ontkom. Maar Lot se vrou het omgekyk, moontlik met verlange na die dinge wat sy agtergelaat het. Hierdie ongehoorsaamheid het haar haar lewe gekos.

—Gebaseer op Genesis 11:10–19:38.

  • Waarom het Abraham na Kanaän getrek?

  • Watter verbond het Jehovah met Abraham gesluit?

  • Waarom het Jehovah Sodom en Gomorra vernietig?

’N GOD VAN VERBONDE

In Bybeltye was ’n verbond ’n kontrak of formele ooreenkoms. Deur middel van ’n reeks verbonde, wat eintlik plegtige beloftes was, het Jehovah geleidelik onthul hoe sy voorneme in verband met die Verlosser wat in Eden belowe is, vervul sou word. Die verbond wat met Abraham gesluit is, het getoon dat die Een wat belowe is, deur Abraham se geslagslyn sou kom. Latere verbonde sou meer lig op Sy identiteit werp.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel