Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • bm deel 3 bl. 6
  • Die mens oorleef die Vloed

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die mens oorleef die Vloed
  • Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
  • Soortgelyke materiaal
  • Hy is “met sewe ander veilig bewaar”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Hy “het met die ware God gewandel”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Die groot Vloed – Wie het geluister? Wie het nie?
    Luister na God en lewe vir ewig
  • Hy “het met die ware God gewandel”
    Volg hulle geloof na
Sien nog
Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
bm deel 3 bl. 6
Die ark dryf op die stygende vloedwaters terwyl die reën val

DEEL 3

Die mens oorleef die Vloed

God vernietig ’n goddelose wêreld, maar bewaar Noag en sy gesin

NAMATE die mensdom vermeerder het, het sonde en goddeloosheid vinnig op die aarde versprei. ’n Profeet met die naam Henog het manalleen gewaarsku dat God eendag die goddeloses gaan vernietig. Maar boosheid het voortgeduur en selfs vererger. Party engele het teen Jehovah in opstand gekom deur hulle toegewese plekke in die hemel te verlaat, menseliggame op die aarde aan te neem en vir hulle vrouens te neem. Hierdie onnatuurlike verbintenisse het ’n basternageslag voortgebring—reusagtige bullebakke wat die Nefilim genoem is en die geweld en bloedvergieting in die wêreld laat toeneem het. Dit het God diep seergemaak om te sien hoe sy aardse skepping verderf word.

Ná Henog se dood was een man opvallend anders in daardie goddelose wêreld. Sy naam was Noag. Hy en sy gesin het probeer doen wat reg is in God se oë. Toe God besluit het om die goddelose mense van daardie wêreld te vernietig, wou hy Noag en die aarde se dierelewe beskerm. God het dus vir hom gesê om ’n ark te bou—’n ontsaglike reghoekige vaartuig. Daarin sou Noag en sy gesin, tesame met tallose dierespesies, deur ’n komende wêreldwye vloed bewaar word. Noag het God gehoorsaam. Gedurende die dekades waartydens Noag hierdie ark gebou het, was hy ook “’n prediker van regverdigheid” (2 Petrus 2:5). Hy het mense gewaarsku oor die komende Vloed, maar hulle het hom geïgnoreer. Die tyd het aangebreek vir Noag en sy gesin om met die diere in die ark in te gaan. God het die deur van die ark agter hulle toegesluit. Die reën het begin val.

Die stortreën het 40 dae en 40 nagte lank geduur totdat die hele aarde onder water was. Die goddeloses was weg. Maande later, toe die water afgeneem het, het die ark op ’n berg tot rus gekom. Teen die tyd dat dit veilig was vir die ark se passasiers om uit te kom, was hulle ’n hele jaar in die ark. Uit dankbaarheid het Noag ’n offer aan Jehovah gebring. God het daarop gereageer deur Noag en sy gesin te verseker dat Hy nooit weer ’n vloed sou bring om alle lewe op die oppervlak van die aarde uit te wis nie. Jehovah het die reënboog voorsien as ’n sigbare waarborg, ’n herinnering aan hierdie vertroostende belofte.

Ná die Vloed het God die mens ook ’n paar nuwe gebooie gegee. Hy het hulle toestemming gegee om dierevleis te eet. Maar hy het hulle verbied om bloed te eet. Hy het Noag se nakomelinge ook beveel om oor die hele aarde te versprei, maar party van hulle was ongehoorsaam. Mense het hulle onder ’n leier met die naam Nimrod verenig en ’n groot toring begin bou in die stad Babel, wat later Babilon genoem is. Hulle doelwit was om hulle te verset teen God se gebod om oor die hele aarde te versprei. Maar God het die opstandiges se planne verydel deur die een taal wat hulle gepraat het, te verwar en hulle in verskillende tale te laat praat. Omdat hulle nie met mekaar kon kommunikeer nie, het hulle die projek laat vaar en uitmekaargegaan.

—Gebaseer op Genesis hoofstukke 6 tot 11; Judas 14, 15.

  • Hoe het goddeloosheid op die aarde versprei?

  • Hoe het Noag getoon dat hy ’n getroue man was?

  • Watter verbod het God ná die Vloed op die mens geplaas?

HULLE HET MET GOD GEWANDEL

Die meeste van Adam en Eva se nakomelinge het Jehovah se heerskappy verwerp. Daar was egter uitsonderings, van wie hulle getroue seun Abel die eerste was. Later is daar gesê dat Henog sowel as Noag met God gewandel het, wat beteken dat hulle ’n weg gevolg het wat Jehovah behaag het (Genesis 5:22; 6:9). ’n Groot deel van die Bybelverslag handel oor mans en vroue wat ook God as hulle Heerser gekies het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel