Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • bm deel 5 bl. 8
  • God seën Abraham en sy familie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God seën Abraham en sy familie
  • Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
  • Soortgelyke materiaal
  • Van die Vloed tot die verlossing uit Egipte
    My boek met Bybelverhale
  • Jehovah—“Die God wat vrede gee”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Oorsig van Genesis
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • “Is ek in die plek van God?”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
bm deel 5 bl. 8
Abraham hou die slagmes vas terwyl Isak op die altaar lê

DEEL 5

God seën Abraham en sy familie

Abraham se nakomelinge is voorspoedig. God beskerm Josef in Egipte

JEHOVAH het geweet dat die Een wat hy die liefste het, eendag sou moes ly en sterf. Die profesie in Genesis 3:15 het op hierdie waarheid gesinspeel. Kon God by die mensdom tuisbring wat ’n groot opoffering hierdie dood vir hom sou wees? Die Bybel voorsien ’n lewende illustrasie. God het Abraham gevra om sy geliefde seun Isak as offerande te bring.

Abraham het groot geloof gehad. Onthou, God het aan hom belowe dat die voorspelde Verlosser, of Saad, van Isak sou afstam. In die vertroue dat God Isak sou opwek indien nodig, sou Abraham uit gehoorsaamheid sy seun geoffer het. Maar ’n engel van God het Abraham net betyds gekeer. God het Abraham geprys vir sy bereidwilligheid om op te offer wat vir hom die kosbaarste was en het Sy beloftes aan die getroue aartsvader herhaal.

Later het Isak twee seuns gehad, Esau en Jakob. In teenstelling met Esau het Jakob geestelike dinge waardeer en is hy beloon. God het Jakob se naam na Israel verander, en Israel se 12 seuns het die hoofde van die stamme van Israel geword. Maar hoe het hierdie familie ’n groot nasie geword?

’n Reeks gebeure is aan die gang gesit toe die meeste van hierdie seuns jaloers geword het op hulle jonger broer Josef. Hulle het hom as ’n slaaf verkoop, en hy is na Egipte geneem. Maar God het hierdie getroue en dapper jong man geseën. Ondanks verskriklike ontberinge is Josef uiteindelik deur Farao, die Egiptiese heerser, uitgesonder en groot gesag gegee. Dit het net op die regte tyd gebeur, want ’n hongersnood het tot gevolg gehad dat Jakob party van sy seuns na Egipte gestuur het om voedsel te koop—en Josef was in beheer van al die voedsel! Ná ’n dramatiese hereniging met sy berouvolle broers het Josef hulle vergewe en gereël dat die hele familie na Egipte trek. Hulle is ’n baie goeie gebied gegee, waar hulle steeds kon vermeerder en voorspoedig kon wees. Josef het besef dat God sake so gereël het om Sy beloftes te vervul.

Josef sê vir sy broers wie hy is

Die bejaarde Jakob het vir die res van sy lewe in Egipte gewoon, omring deur sy groeiende familie. Op sy sterfbed het hy voorspel dat die beloofde Saad, of Verlosser, ’n magtige Heerser sou wees wat in die geslagslyn van sy seun Juda gebore sou word. Voor sy dood jare later het Josef geprofeteer dat God Jakob se familie eendag uit Egipte sou neem.

—Gebaseer op Genesis hoofstukke 20 tot 50; Hebreërs 11:17-22.

  • Wat het God vir Abraham gesê om te doen, en wat het Hy hierdeur by die mensdom tuisgebring?

  • Hoe het Josef in Egipte beland, en wat was die uiteinde?

  • Wat het Jakob voor sy dood geprofeteer?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel