Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gf les 2 bl. 4
  • God is die beste vriend wat jy ooit kan hê

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God is die beste vriend wat jy ooit kan hê
  • Jy kán God se vriend wees!
  • Soortgelyke materiaal
  • Jy kan Jehovah se vriend wees
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Jehovah—Jou kennis of jou vriend?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • God nooi jou om sy vriend te word
    Jy kán God se vriend wees!
  • Kweek die beste vriendskap in die ganse heelal
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Jy kán God se vriend wees!
gf les 2 bl. 4

LES 2

God is die beste vriend wat jy ooit kan hê

’n Vrou lees die Bybel

Die wonderlikste ding wat ooit met jou kan gebeur, is om God se vriend te word. God sal jou leer hoe om gelukkig te wees en veilig te voel; hy sal jou vrymaak van talle verkeerde opvattings en skadelike gebruike. Hy sal na jou gebede luister. Hy sal jou help om gemoedsrus en vertroue te hê (Psalm 71:5; 73:28). God sal jou in moeilike tye onderskraag (Psalm 18:18). En God bied jou sy gawe van die ewige lewe aan.—Romeine 6:23.

’n Vrou ontmoet ’n gesin wat vriende van God is

Namate jy nader aan God kom, sal jy nader aan vriende van God kom. Hulle sal ook jou vriende word. Trouens, hulle sal vir jou soos broers en susters wees. Hulle sal jou met graagte van God leer en jou help en aanmoedig.

Ons is nie gelyk aan God nie. As jy ’n vriend van God wil word, moet jy ’n belangrike feit verstaan. Vriendskap met God is nie ’n vriendskap met iemand wat jou gelyke is nie. Hy is heelwat ouer en wyser as ons en baie magtiger as ons. Hy is ons regmatige Heerser. As ons dus sy vriend wil wees, moet ons na hom luister en doen wat hy vir ons sê om te doen. Dit sal altyd vir ons eie beswil wees.—Jesaja 48:18.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel