Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gf les 1 bl. 3
  • God nooi jou om sy vriend te word

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God nooi jou om sy vriend te word
  • Jy kán God se vriend wees!
  • Soortgelyke materiaal
  • Jy kan Jehovah se vriend wees
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Moet ek stilbly oor my vriend se oortreding?
    Ontwaak!—2008
  • Wat dink jy?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2018
  • Wat sê die Bybel oor vriendskap?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Jy kán God se vriend wees!
gf les 1 bl. 3

LES 1

God nooi jou om sy vriend te word

God wil graag hê dat jy sy vriend moet wees. Het jy al ooit daaraan gedink dat jy ’n vriend van die vernaamste Persoon in die heelal kan wees? Abraham, wat lank gelede gelewe het, is God se vriend genoem (Jakobus 2:23). Die Bybel praat ook van ander wat God se vriendskap geniet het en grootliks geseën is. Vandag is daar mense in alle wêrelddele wat vriende van God geword het. Jy kan ook God se vriend wees.

Abraham bid

Om ’n vriend van God te wees, is beter as om ’n vriend van enige mens te wees. God stel nooit sy lojale vriende teleur nie (Psalm 18:25). Om ’n vriend van God te wees, is beter as om ryk te wees. Wanneer ’n ryk persoon sterf, kry ander sy geld. Maar diegene wat ’n vriend van God is, het ’n skat wat niemand kan wegneem nie.—Matteus 6:19.

Party mense sal dalk probeer keer dat jy God leer ken. Selfs van jou vriende en familielede sal dit dalk doen (Matteus 10:36, 37). As ander jou bespot of dreig, kan jy jou afvra: ‘Wie wil ek behaag—God of mense?’ Dink hieroor na: Sal jy luister as iemand vir jou sê om op te hou eet? Natuurlik nie! Jy het kos nodig om te lewe. Maar God kan jou vir ewig laat lewe! Moet dus nie toelaat dat enigiemand jou keer om te leer hoe jy ’n vriend van God kan wees nie.—Johannes 17:3.

Mense spot ’n vrou wanneer sy iets lees oor God
    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel