Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 2/15 bl. 8
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2015
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wêreld
  • Brittanje
  • Noorweë
  • Verenigde State
  • Hoe om jou gesondheid te beskerm
    Ontwaak!—1999
  • Hoe nodig is oefening?
    Ontwaak!—2005
  • Sigarette—Wys jy dit van die hand?
    Ontwaak!—1996
  • Siekte—Sal daar ooit ’n einde kom?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
Sien nog
Ontwaak!—2015
g 2/15 bl. 8
’n Depressiewe man

ONS BESKOU DIE WÊRELD

Die kollig val op gesondheid

Ondanks mediese vooruitgang teister siekte nog steeds die mensdom. Maar soos bewyse toon, kan baie gesondheidsprobleme voorkom word.

Wêreld

Die Wêreldgesondheidsorganisasie voorspel dat 24 miljoen mense teen 2035 elke jaar met kanker gediagnoseer sal word. Dit is ’n vermeerdering van omtrent 70 persent in die aantal mense wat gediagnoseer word, wat vermoedelik meer as 14 miljoen is. Ongeveer die helfte van hierdie gevalle sal veroorsaak word deur leefstylfaktore soos alkoholmisbruik, onaktiwiteit, blootstelling aan straling en rook.

Brittanje

Ná ’n aanbieding waarin bewyse aan die Britse regering voorgelê is, het hulle ondersoek ingestel oor die moontlikheid dat die menslike vorm van malbeessiekte deur middel van prosedures soos bloedoortappings versprei kan word. “Ons was uiters bekommerd oor die bewyse [wat voorgelê is] dat hierdie ongeneeslike siekte nog steeds ’n groot gevaar vir openbare gesondheid inhou”, het Andrew Miller, ’n parlementslid, gesê. “Daar is vir ons gesê dat [die infeksie kan versprei] as gevolg van ’n grootskaalse besmetting van bloed en organe”, het hy bygevoeg.

Noorweë

Depressie kan die risiko van hartversaking met tot 40 persent vermeerder, toon ’n 11-jaar lange studie wat ongeveer 63 000 Noorweërs ingesluit het. Die Europese Vereniging van Kardiologie het een van die skrywers van die studie aangehaal wat gesê het dat depressie nie net lei tot die vrystelling van streshormone wat hartsiekte kan veroorsaak nie, maar dat dit ook ’n persoon se vermoë belemmer om raad te volg wat sy gesondheid kan verbeter.

Verenigde State

’n Persoon druk ’n sigaret dood

Wetenskaplikes ondersoek die potensiële gesondheidsgevare van sogenaamde derdehandse sigaretrook. Dit bestaan uit rookdeeltjies wat op oppervlakke en in die stof van woonstelle, hotelkamers en voertuie agterbly. Rookdeeltjies wat so opbou, raak moontlik al hoe giftiger hoe ouer dit word.

WAT DIE BYBEL SÊ:

  • “’n Vrolike mens is ’n gesonde mens, ’n neerslagtige mens raak uitgeput.”—Spreuke 17:22, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling.

  • “Laat ons ons van elke verontreiniging van die vlees . . . reinig.”—2 Korintiërs 7:1.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel