Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 5/11 bl. 8-9
  • Innerlike gawes wat ons verhef

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Innerlike gawes wat ons verhef
  • Ontwaak!—2011
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Waar ons die antwoorde kan vind
  • Jy kan vir ewig op die aarde lewe
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2018
  • Waarom dankbaar wees teenoor die Skepper?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Kyk op, nie af nie, vir antwoorde
    Ontwaak!—1998
  • Jy moet die God liefhê wat jou liefhet
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
Sien nog
Ontwaak!—2011
g 5/11 bl. 8-9

Innerlike gawes wat ons verhef

’N VYFTIGJARIGE konstruksiewerker het by ’n moltreinstasie in die stad New York vir die trein gewag. Naby hom het ’n jong man gestruikel, oor die rand van die platform geval en voor ’n aankomende trein op die spoor beland. Die konstruksiewerker het sonder om te huiwer, afgespring en die ander man teen die grond vasgedruk terwyl die trein veilig oor hulle beweeg het.

Gedurende die Nazi-era het Jehovah se Getuies in Europa geweier om “Heil Hitler!” te sê omdat die Duitse woord heil “redding” beteken. Hulle het die vaste oortuiging gehad dat Jesus Christus hulle Redder is en dat “daar geen redding in enigiemand anders” is nie (Handelinge 4:12). Omdat hulle geweier het om Hitler te verafgod, is baie uit hulle huise geneem en na konsentrasiekampe gestuur, waar hulle steeds hulle Christelike beginsels gehandhaaf het.

Hierdie voorbeelde toon dat mense die welsyn van ’n ander persoon—selfs ’n volslae vreemdeling—bo hulle eie kan stel en dat hulle respek vir beginsels belangriker as persoonlike vryheid kan ag. Steun hierdie soort optrede die idee dat mense eenvoudig hoogs geëvolueerde diere is? Of gee dit te kenne dat ons hoër skepsele is? Dink hieraan terwyl jy oor die volgende vrae peins:

● Waarom het ons ’n gewete, ’n innerlike sin van reg en verkeerd?

● Waarom vervul dit ons met ontsag wanneer ons oor die wonders van die skepping nadink?

● Waarom geniet ons musiek, skilderkuns, gedigte en ander kunsvorme? Dit is immers nie noodsaaklik vir ons voortbestaan nie.

● Waarom het mense van feitlik elke kultuur die begeerte om met ’n hoër wese te kommunikeer?

● Waarom vra ons: ‘Waarom is ek hier?’ ‘Wat is die doel van die lewe?’

● Waarom hou ons verskeie seremonies en rituele wanneer iemand sterf?

● En waarom glo feitlik almal aan ’n hiernamaals? Is ons ingebore begeerte om vir ewig te lewe maar net ’n streep wat die evolusie ons getrek het?

Waar ons die antwoorde kan vind

Die redelikste antwoorde op hierdie vrae kan gevind word in die heilige geskrif wat die grootste verspreiding ter wêreld het—die Bybel. Kyk na wat dit oor die volgende sê:

Die menslike natuur. Die mens is “na God se beeld” geskep, wat beteken dat ons die vermoë het om ons Skepper se eienskappe te weerspieël (Genesis 1:27). Die eerste mens was dus ’n “seun van God”.—Lukas 3:38.

Ons behoefte om liefde te toon en te ontvang. “God is liefde”, sê 1 Johannes 4:8. Aangesien ons na God se beeld geskep is, het ons van die wieg tot die graf ’n behoefte aan liefde. As ek “geen liefde het nie, is ek niks”, het die Christenapostel Paulus geskryf (1 Korintiërs 13:2). Hy het ook gesê: “Word . . . navolgers van God, as geliefde kinders.”—Efesiërs 5:1.

Ons geestelike behoefte. “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat uit Jehovah se mond kom” (Matteus 4:4). God se woorde, wat in die Bybel opgeteken is, openbaar sy persoonlikheid en sy voorneme vir ons. Ons lewe kan nie waarlik sinvol wees as ons in geestelike onkunde verkeer nie.

Waarom ons sterf. “Die loon wat die sonde betaal, is die dood, maar die gawe wat God gee, is die ewige lewe” (Romeine 6:23). Sonde is wanneer ’n mens te kort skiet aan God se sedelike en geestelike standaarde. Maar dit is God se voorneme om sonde uit die weg te ruim, om almal wat hom liefhet en gehoorsaam, tot volmaaktheid te herstel en om hulle die ewige lewe in die Paradys op aarde te gee.—Psalm 37:10, 11, 29; Lukas 23:43.

Wil jy die lewe ten volle geniet en dalk selfs talente ontwikkel wat jy nooit gedroom het moontlik is nie? Wil jy meer leer omtrent jou Skepper en sy wonderlike voorneme vir jou? Indien wel, nooi ons jou om die Bybel, die bron van geestelike waarheid, te ondersoek. Niks anders kan nou of in die toekoms vir jou groter geluk meebring nie.—Matteus 5:3; Johannes 17:3.

[Venster/Prent op bladsy 9]

ONS HET VAN GEBOORTE AF LIEFDE NODIG

“’n Jong brein het stimulering en liefde nodig”, sê die wetenskaplike Gerald L. Schroeder. Hoe belangrik is dit dan tog dat ouers die Bybelse opdrag gehoorsaam, wat in die besonder aan moeders gegee is, “om hulle kinders lief te hê”!—Titus 2:4.

[Prent op bladsye 8, 9]

Ons geniet talle mooi en aangename dinge wat nie noodsaaklik vir die lewe is nie

[Prent op bladsy 9]

Mense het nie net kos en water nodig nie. Hulle het ook leiding van hulle Skepper nodig

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel