Vir gesinsbespreking
Was dit ’n goeie besluit?
Lees Numeri 13:1, 2, 25-33; 14:3, 6-12. Kyk nou na die prent, en skryf jou antwoorde hieronder neer.
1. Waarom het die meeste van die verkenners besluit om ’n slegte berig te bring?
․․․․․
2. Wat het die negatiewe berig van die tien verkenners tot gevolg gehad?
LEIDRAAD: Lees Numeri 14:26-38.
․․․․․
3. Waarom was Josua en Kaleb so seker van ’n oorwinning?
․․․․․
VIR BESPREKING:
Wat kan jy doen om nie soos die tien verkenners te wees nie, maar eerder soos Josua en Kaleb wanneer jou gesin probleme ondervind?
WAT WEET JY OMTRENT DIE APOSTEL PETRUS?
4. Watter vyf verskillende benamings word in die Bybel vir Petrus gebruik?
LEIDRAAD: Lees Matteus 10:2; 16:16; Johannes 1:42; Handelinge 15:14.
․․․․․
5. Het Petrus ooit getrou?
LEIDRAAD: Lees 1 Korintiërs 9:5.
․․․․․
VIR BESPREKING:
Beskryf jou gunstelinggebeur-tenis waarby Petrus betrokke was. Watter eienskappe wat Petrus geopenbaar het, sal jy graag wil navolg, en hoe kan jy dit doen?
PRENTEJAG VIR KINDERS
Kan jy hierdie prente in die tydskrif vind? Beskryf in jou eie woorde wat in elke prent gebeur.
IN HIERDIE NOMMER
Beantwoord hierdie vrae, en voorsien die ontbrekende Bybelvers(e).
BLADSY 7 Wat moet ons met ons naaste praat? Efesiërs 4:․․․
BLADSY 8 Wat sal die waarheid vir jou doen? Johannes 8:․․․
BLADSY 11 Wat gaan met die laaste vyand gebeur? 1 Korintiërs 15:․․․
BLADSY 24 Waarvoor moet jy vlug? 1 Korintiërs 6:․․․
● Antwoorde op bladsy 13
ANTWOORDE OP VRAE OP BLADSY 31
1. Hulle het bang geword en nie geloof in Jehovah gestel nie.—Numeri 14:3, 11.
2. Al die manne wat 20 jaar en ouer was, buiten Josua en Kaleb, het in die wildernis gesterf.
3. Hulle het geglo dat Jehovah met hulle is.—Numeri 14:9.
4. Simon, Petrus, die kombinasie Simon Petrus, Sefas en Simeon.
5. Ja.