Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 8/08 bl. 30
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2008
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Gewelddadige videospeletjies in die kerk
  • Kinders se identiteit word gesteel
  • Kernplofkoppe “word vermis”
  • Duiwe meet besoedeling
  • Vere—’n wonder van ontwerp
    Ontwaak!—2007
  • Is spelers in gevaar?
    Ontwaak!—2002
  • Net om mooi te lyk?
    Ontwaak!—2004
  • Waar het hulle sulke pragtige vere gekry?
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ontwaak!—2008
g 8/08 bl. 30

Ons beskou die wêreld

◼ In 2007 het die ergste droogte in die afgelope dekade veroorsaak dat sowat 47 miljoen Chinese nie genoeg drinkwater gehad nie. Intussen is 42 miljoen geraak deur tifone, en 180 miljoen deur oorstromings.—DIE XINHUA-NUUSAGENTSKAP, CHINA.

◼ “Na raming is een vyfde van alle swangerskappe in die wêreld in 2003 deur middel van aborsies beëindig. In Europa was hierdie syfer byna een derde . . . Na raming is 45% van swangerskappe in 2003 [in] die lande van die voormalige Sowjetunie . . . deur middel van aborsies beëindig.”—BRITISH MEDICAL JOURNAL, BRITTANJE.

Gewelddadige videospeletjies in die kerk

“Honderde predikante en pastore wat desperaat is om jong gemeentelede te werf, het kommer en kritiek uitgelok deur hulle gebruik van ’n ongewone werwingsmiddel”—’n “uiters gewilde” maar “gewelddadige videospeletjie”, berig The New York Times. Die speletjie is bedoel vir volwassenes. Die speler, wat die rol van ’n soldaat aanneem, moet mense op verskillende maniere doodmaak. Dit het nie gekeer dat die organiseerders van verskeie Protestantse en evangeliese jeuggroepe “hulle sentrums met etlike speletjieskonsoles vul sodat tientalle tieners voor grootskerm-TV’s kan sit en op die vyand kan losbrand nie”, sê die koerant.

Kinders se identiteit word gesteel

’n Toenemende aantal kinders word slagoffers van identiteitsdiefstal, met ’n potensieel verwoestende uitwerking op hulle toekomstige kredietwaardigheid en verhoudings, sê The Wall Street Journal. Hierdie misdade, wat gewoonlik deur ’n familielid gepleeg word, kan dekades lank verdoesel word. “Die meeste mense kom nie agter dat iemand hulle identiteit onwettig gebruik nie . . . totdat hulle aansoek doen vir hulle eerste werk, ’n bestuurderslisensie, ’n studentelening of ’n verband op ’n eiendom”, verduidelik die koerant. Party vind vroeër uit wanneer ’n kredietagentskap skuld probeer invorder wat in die slagoffer se naam opgeloop het.

Kernplofkoppe “word vermis”

Op 30 Augustus 2007 het ’n B-52-bomwerper van die Amerikaanse Lugmag drie en ’n half uur lank oor die Verenigde State gevlieg terwyl dit ses kruisermissiele met kernplofkoppe gedra het wat “per ongeluk aan die vliegtuig se vlerk gemonteer is”, berig The Washington Post. Nie die vlieëniers aan die stuur van die vliegtuig of die grondpersoneel wat die missiele gemonteer het, het die fout agtergekom nie, en dit het “’n verstommende 36 uur lank onopgemerk gebly”, sê die koerant. Volgens berigte het “Lugmagamptenare gesê dat die plofkoppe nie geaktiveer was nie en op geen stadium ’n bedreiging vir die publiek ingehou het nie”. Een kommentator het nietemin gevra: “Hoe bekommerd behoort ons te wees?”

Duiwe meet besoedeling

Studies wat op duiwe in die stad Jaipur gedoen is, toon dat hierdie voëls gebruik kan word om besoedeling in stede te meet, sê navorsers by die Universiteit van Rajastan, in Noord-Indië. “Swaarmetale wat in die voëls se habitat voorkom, dring die vere binne en bly agter selfs nadat die voëls [die vere] verloor het”, verduidelik Nieu-Delhi se Gobar Times, ’n bylaag van die tydskrif Down to Earth. Aangesien duiwe net in ’n sekere gebied bly, kan die vlakke van kadmium, chroom, koper en lood wat in hulle vere gevind word, ’n akkurate aanduiding van plaaslike besoedeling wees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel