Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 8/06 bl. 19
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2006
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Katolieke van “huis tot huis”?
  • Wetlike erkenning in Duitsland
  • Chinese jongmense verslaaf aan Internetspeletjies
  • Vername handelstede
    Ontwaak!—1994
  • ‘Die verdediging en wetlike bevestiging van die goeie nuus’
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Die wetlike beskerming van die goeie nuus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Ek het my glanslewe vir iets beters verruil
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Ontwaak!—2006
g 8/06 bl. 19

Ons beskou die wêreld

◼ Verlede jaar was “die warmste jaar nog in die Noordelike Halfrond” en die “tweede warmste wêreldwyd”. “Agt uit die 10 warmste jare [op rekord] het gedurende die laaste dekade voorgekom.”—BBC NEWS, BRITTANJE.

◼ Die Atlantiese orkaanseisoen van 2005 was die “besigste” en “seker . . . die verwoestendste” op rekord. Sewe uit die 14 orkane op rekord het windsnelhede van meer as 177 kilometer per uur geregistreer.—AMERIKAANSE NASIONALE OSEANIESE EN ATMOSFERIESE ADMINISTRASIE.

◼ “In 1850 was daar meer as 150 gletsers in die Glacier- Nasionale Park in Montana [VSA]. Nou is daar 27.”—THE WALL STREET JOURNAL, VSA.

◼ “Die naakte waarheid oor die politiek van klimaatverandering is dat geen land sy ekonomie sal wil opoffer om hierdie uitdaging die hoof te bied nie.”—TONY BLAIR, BRITSE EERSTE MINISTER

Katolieke van “huis tot huis”?

Volgens Cláudio Hummes, aartsbiskop van São Paulo, het die aantal Katolieke Brasiliane oor die afgelope 14 jaar van 83 persent tot 67 persent gedaal. Die aartsbiskop skryf dit toe aan die kerk se “onvermoë om, weens verskeie redes, die evangelie deeglik aan sy gedoopte lede te verkondig”. Hummes sê: “Ons moet die getroues probeer bereik, van huis tot huis, in die skole, in inrigtings en nie net in die gemeentes nie.” Folha Online sê dat hierdie werk gedoen sal moet word deur leke wat as sendelinge opgelei is. ’n Tekort aan priesters is een van die groot probleme wat die Katolieke Kerk in Brasilië en Latyns-Amerika as ’n geheel in die gesig staar.

Wetlike erkenning in Duitsland

In ’n beslissing wat op 10 Februarie 2006 gepubliseer is, het die Federale Administratiewe Hof in Leipzig, Duitsland, verklaar dat die staat Berlyn die Godsdiensvereniging van Jehovah se Getuies in Duitsland as ’n openbare korporasie moet erken. Dit het ’n 15 jaar lange regstryd tot ’n einde gebring, waartydens die saak deur ’n aantal verskillende Duitse howe hersien is, insluitende die Federale Konstitusionele Hof. As ’n openbare korporasie is die Godsdiensvereniging van Jehovah se Getuies in Duitsland geregtig op belastingvrystellings en ander voorregte wat deur die land se groot godsdienste geniet word.

Chinese jongmense verslaaf aan Internetspeletjies

“Verslawing aan Internetspeletjies is algemeen onder jongmense in China”, sê Hongkong se South China Morning Post. Die verskynsel kom ook voor onder jongmense in ander plekke in die Ooste, soos Hongkong, Japan en die Republiek van Korea. Die koerant sê: “Die toenemende begeerte om Internetspeletjies te speel en hulle van ander af te sny, is ’n teenreaksie op die wurggreep wat die gemeenskap op kinders het, wat voortspruit uit ouers se hoë verwagtinge en meedoënlose mededinging om by universiteite in te kom.” Daar word geskat dat tot sesmiljoen Chinese kinders hulp nodig het om die verslawing te oorkom.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel