Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 7/22 bl. 31
  • Gewaarsku omdat hulle Ontwaak! gelees het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gewaarsku omdat hulle Ontwaak! gelees het
  • Ontwaak!—2005
Ontwaak!—2005
g05 7/22 bl. 31

Gewaarsku omdat hulle Ontwaak! gelees het

GEREELDE Ontwaak!-lesers waardeer die nuttige artikels daarin. Maar vir ’n Duitse egpaar wat verlede Desember in Khao Lak, Thailand, vakansie gehou het, was die artikel “Reusegolwe—mites en werklikhede” in die nommer van 8 Februarie 2001 van groot waarde.

Die Duitse koerant Frankenpost (Selber Tagblatt) het oor die egpaar se ondervinding berig: “‘Ons het gaan swem’, vertel Roswitha Gesell. Nadat die Gesells in die see geswem het, het hulle na hulle hotel toe gegaan om aan te trek. Reiner Gesell beskryf die onheilspellende toneel wat hulle daarna gesien het: ‘Toe ons tien minute later weer op die strand kom, het die see verdwyn.’ Tot by die rif, wat ongeveer sewe kilometer van die kus af is, kon ’n mens net die seebodem sien. ‘Al die swemmers wat in die water was, is die see ingetrek.’ Die Gesells het hulle behoud aan ’n artikel in die Ontwaak! te danke.” Die artikel het verduidelik dat tsoenami’s gewoonlik voorafgegaan word deur buitengewone uitgaande getye.

“Toe die Gesells die reusegolf in die verte sien, het hulle omgedraai en begin hardloop. Reiner Gesell onthou dat dit gelyk het of die watermassa sowat 12 tot 15 meter hoog was. Een van sy onaangenaamste herinneringe was dat van die ander toeriste op die strand net verwonderd na die see gestaar het. ‘Hulle het eenvoudig daar bly staan. Ek het geskreeu dat hulle na veiligheid moet hardloop, maar niemand het gereageer nie.’ Feitlik nie een van hulle het dit oorleef nie.”

Die koerantberig het ook oor die Gesells gesê: “As Getuies van Jehovah het hulle gedurende hulle vakansie met die naaste gemeente, wat 140 kilometer van Khao Lak af is, geassosieer. Toe hulle medegelowiges van die ramp gehoor het, het die hele gemeente na Khao Lak gegaan om na hulle te soek.”

Hierdie egpaar is nou veilig terug in Duitsland, en hoe dankbaar is hulle tog vir die waardevolle inligting in die Ontwaak! En hoe dankbaar is hulle tog teenoor die mense van Thailand wat hulle gehelp het, in die besonder hulle geestelike broers, wat opregte Christelike liefde getoon het!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel