Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 7/22 bl. 32
  • Wat is God se voorneme met ons?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is God se voorneme met ons?
  • Ontwaak!—2005
Ontwaak!—2005
g05 7/22 bl. 32

Wat is God se voorneme met ons?

◼ Is dit bloot om ’n kort tydjie op aarde te lewe—miskien 70 of 80 jaar—en dan te sterf? Is dit God se voorneme om goeie mense hemel toe te neem om daar te woon? Waarom het God die aarde geskep? Was dit bedoel om net ’n tydelike tuiste vir mense te wees?

Die brosjure met 32 bladsye, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, toon dat God die aarde ’n blywende tuiste vir mense gemaak het. Ons aarde is so gemaak dat dit met behoorlike sorg ’n pragtige paradys sou wees. Die brosjure se dele “Waarom sterf die mens?” en “Wat is die dood?” toon wat verkeerd gegaan het, en “Jehovah gee ons ’n Verlosser” en “Hoe ons van sonde en die dood gered word” openbaar hoe die aarde ’n wonderlike paradystuiste vir die mensdom gaan word.

Die brosjure het meer as 75 prente, en een of meer Bybeltekste word by elke prent gegee. Hierdie tekste voorsien ’n grondslag vir die bespreking van die prente. As jy kinders het, kan jy die prente gebruik om hulle te help om van God se voornemens te leer.

Jy kan ’n eksemplaar aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die brosjure Jy kan vir ewig op die aarde lewe! by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel