Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 6/8 bl. 32
  • Is jy gereed om dit by te woon?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is jy gereed om dit by te woon?
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Jy sal dit beslis wil bywoon!
    Ontwaak!—2000
  • Kom na die “Geloof in God se Woord” streekbyeenkoms!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Jy word na die “Ywerige Koninkryksverkondigers”- streekbyeenkoms genooi
    Ontwaak!—2002
  • Sal jy daar wees?
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 6/8 bl. 32

Is jy gereed om dit by te woon?

◼Om wat by te woon? Die “Godvrugtige gehoorsaamheid”-streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies! Hierdie driedaagse byeenkomste, wat die laaste naweek in Mei in die Verenigde State begin het, sal oor die volgende paar maande in honderde stede regoor die wêreld gehou word. Daar sal waarskynlik ’n byeenkoms in ’n stad naby jou gehou word.

In die meeste plekke sal die program om 9:30 vm. met musiek begin. Vrydag se tema is “Gehoorsaam my stem, en ek sal julle God word” (Jeremia 7:23). Ná die toesprake “Ons is ‘wonderbaar gemaak’” en “Die opstanding—Waarom daardie hoop vir jou ’n werklikheid moet wees” sal die oggendsessie afsluit met die programrede “Volg die voorbeeld in jou gehoorsaamheid aan God”.

Vrydag se middagsessie sluit die volgende toesprake in: “Hou aan om ‘die gees te bedink’ en lewe”, “Waak teen elke soort hebsug” en “Moenie ‘kunstig versinde valse stories’ volg nie”. Dan sal ’n tweedelige simposium glanspunte uit die Bybelboeke Haggai en Sagaria aanbied. Die dag sluit af met die toespraak “Alle lyding sal binnekort eindig!”

Die tema vir Saterdag se program is “Uit die hart gehoorsaam” “in alles”, gegrond op Romeine 6:17 en 2 Korintiërs 2:9. Die oggendsessie sluit ’n driedelige simposium in met die titel “Gelukkig is die gesinne wat goddelike beginsels gehoorsaam”. Dit sluit demonstrasies en onderhoude in en vestig die aandag op hoe elke gesinslid—man, vrou en kinders—tot gesinsgeluk kan bydra. Die oggendprogram sluit af met die toespraak “Laat julle Ja, Ja beteken”, waarna daar geleentheid sal wees vir diegene wat aan die vereistes voldoen, om gedoop te word.

Saterdagmiddag se toesprake sluit in: “Wend jou oë daarvan af om te sien wat waardeloos is” en “Keer terug tot die herder van julle siele”. ’n Tweedelige simposium “Wees gehoorsaam aan dié wat die leiding . . . neem” sal daarop volg. Die middag se slottoespraak, “Wat leer die Bybel werklik?” is ’n hoogtepunt van die byeenkoms.

Sondagoggend se program sal die tema ontwikkel ‘Gehoorsaam al hierdie woorde sodat dit met jou goed kan gaan’, wat op Deuteronomium 12:28 gegrond is. ’n Driedelige simposium “Help ander om te gehoorsaam wat die Bybel leer” voorsien praktiese hulp om Bybelstudies op doeltreffende wyse te begin en te hou.

Die oggendsessie sluit af met ’n gekostumeerde drama “Streef doelwitte na wat God eer”. Dit word voorafgegaan deur die toespraak “Jongmense—Lei julle doelwitte julle na sukses?” Hierdie toespraak voorsien die agtergrond vir die Bybeldrama oor die jong man Timoteus, wat ’n voorbeeld van selfopofferende diens gestel het en wat hedendaagse jongmense aangespoor word om na te volg. Die byeenkoms se laaste sessie Sondagmiddag sal die openbare toespraak “Aan wie behoort ons gehoorsaamheid?” insluit.

Beplan nou reeds om dit by te woon. Om uit te vind waar die byeenkoms naaste aan jou gehou gaan word, kan jy met Jehovah se Getuies in verbinding tree by die plaaslike Koninkryksaal of deur aan die uitgewers van hierdie tydskrif te skryf.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel