Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g04 11/8 bl. 31
  • Die immergewilde ui

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die immergewilde ui
  • Ontwaak!—2004
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Nie net smaaklik nie
  • Wil jy graag skorsieblomme proe?
    Ontwaak!—2004
  • Mooi en lekker!
    Ontwaak!—2004
  • Jy kan jou geheue verbeter
    Ontwaak!—1996
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Ontwaak!—2004
g04 11/8 bl. 31

Die immergewilde ui

Deur Ontwaak!-medewerker in Mexiko

Wat sou ons sonder die ui gedoen het? Hierdie meerdoelige groente kan vir omtrent enigiets gebruik word—in soppe, slaaie, hoofdisse, medisinale preparate. Dit kan ons selfs ’n bietjie laat huil.

Die ui, ’n familielid van plante met pragtige blomme—soos die goue-ui, die knoffelgrasui en die sierknoffel—dra self pragtige blomme. Maar dit is die bol, basies ’n ondergrondse knol met geswelde blaarskedes, wat in feitlik elke kombuis in die wêreld aangetref word.

Hierdie groente is een van die oudste gewasse wat deur die mens gekweek word. Die Bybelverslag gee vir ons ’n aanduiding van hoe algemeen dit gebruik is, want dit toon dat die nasie Israel teen ongeveer die jaar 1513 v.G.J. verlang het na die uie wat hulle geëet het toe hulle slawe in Egipte was.—Numeri 11:5.

Maar waarom het die smaak van uie soveel byval by mense van uiteenlopende kulture gevind? Dit is ongetwyfeld die swaelverbindings daarin, wat die skerp geur daarvan so besonders maak. En sulfeensuur vorm die hoofbestanddeel wat veroorsaak dat ’n mens se oë traan.

Nie net smaaklik nie

Uie is voordelig vir die mensdom se gesondheid. Dit bevat voedingstowwe soos kalsium, fosfor en askorbiensuur, oftewel vitamien C. Maar deur die geskiedenis heen is uie in die besonder hoog op prys gestel vir hulle medisinale eienskappe. Uie word nou nog gebruik om sekere siektes te behandel, waaronder verkoues, laringitis, aterosklerose, koronêre hartsiekte, suikersiekte en asma. Daar word ook gesê dat die ui ’n antiseptiese, anti-inflammatoriese en antitrombotiese uitwerking het, asook dat dit cholesterol en kanker teëwerk.

Uie kom in verskillende kleure—wit, geel, bruin, groen, rooi en pers. ’n Mens kan dit vars, gekook, geblik, ingelê, gedroog, gepoeier, in vlokkies of in blokkies eet. Is die ui nie ’n wonderlike groente nie—selfs al laat dit jou ’n paar trane stort?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel