Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g04 11/8 bl. 32
  • Dit kan treurendes vertroos

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dit kan treurendes vertroos
  • Ontwaak!—2004
Ontwaak!—2004
g04 11/8 bl. 32

Dit kan treurendes vertroos

’n Vrou van Jalisco, Mexiko, het ’n brief aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in Mexiko geskryf. Sy het gevra: “Stuur asseblief vir my ’n paar eksemplare van die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf. Ek is nie een van Jehovah se Getuies nie, maar ek stem oor baie dinge met julle saam.”

Die vrou het die rede vir haar versoek verduidelik en gesê: “Ek wil graag die brosjures hê, want ek dink dat party van die mense wat by ons blomme koop, daarby sal baat vind. Ek verwys na diegene wat kom om kranse te koop en wat soms die vrou, kinders of man van die oorledene is. Ek voel dat hierdie brosjures hulle baie sal kan help.”

Miskien sal dit jou of iemand wat jy ken ook vertroos as julle hierdie brosjure met 32 bladsye lees. Dit beantwoord vrae soos: Hoe kan ek my smart verwerk? Hoe kan ander help? Watter hoop is daar vir diegene wat gesterf het?

Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel