Die aorta—’n Wonder van ontwerp
Die aorta is ’n ingewikkelder aar as wat wetenskaplikes vroeër gedink het. Met die eerste oogopslag lyk die ronding daarvan soos die geboë handvatsel van ’n sambreel. Maar dit is nie heeltemal waar nie. Die ronding van die aorta het nie ’n eenvoudige tweedimensionele kurwe nie, maar ’n driedimensionele kurwe, soos ’n halwe winding van ’n spiraalveer. As dit op ’n plat oppervlak gelê word, krul dit om en op.
Waarom hierdie ontwerp? Want pleks van die bloed eenvoudig om die ronding te laat vloei soos water in ’n rivierkronkel, laat dit die bloed dubbelspiraalsgewys deur die aorta vloei. Aan die binnekant van ’n rivierkronkel vloei die water stadiger, wat maak dat afsettings opbou. Maar aan die buitekant van die draai vloei die stroom vinniger, en spoel dit selfs die wal weg. In die aorta kan so ’n verskil in spoed gevaarlike aanpaksel in die stadiger binnewand laat opbou. Die aorta verminder egter hierdie probleem deur die bloed te dwing om spiraalsgewys te vloei sodat dit egaliger teen die wande beweeg.
Die aorta is inderdaad ’n wonder van ontwerp! Die Bybelpsalmis het met goeie rede uitgeroep: “Ek [is] op ’n vreesinboesemende wyse wonderbaar gemaak.”—Psalm 139:14, NW.
[Diagram op bladsy 31]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
AORTA
[Foto-erkenning op bladsy 31]
Bloedselle op die agtergrond van bladsye 24-6 en 31: Lennart Nilsson