Miljoene gaan dit bywoon—Sal jy daar wees?
Wat bywoon? Die jaarlikse viering van Jesus Christus se dood. In die jaar 2000 het altesaam 14 872 086 mense dit wêreldwyd bygewoon.
Waarom woon mense dit by? As gevolg van wat die dood van Christus vir die mensdom beteken. Dit beteken dat verligting van siekte, lyding en die dood op hande is. Selfs afgestorwe dierbares sal tot lewe op ’n paradysaarde opgewek word.
Hoe kan die dood van Jesus sulke seëninge meebring? Jy word genooi om uit te vind. Jehovah se Getuies nooi jou om saam met hulle hierdie belangrike gebeurtenis te vier.
Jy kan dit by die Koninkryksaal bywoon wat die naaste aan jou huis is. Dit sal vanjaar op Sondag, 8 April, ná sononder, gehou word. Vind by die plaaslike Getuies uit presies hoe laat dit begin.