Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 8/22 bl. 24-25
  • Hulle is vasbeslote om nie moed op te gee nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle is vasbeslote om nie moed op te gee nie
  • Ontwaak!—1999
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Onderskraag deur die opstandingshoop
  • Hy het nie moed opgegee nie
    Ontwaak!—1998
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1999
  • Sy het baie lewens geraak
    Ontwaak!—1995
  • Die opstandingshoop is wis en seker!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 8/22 bl. 24-25

Hulle is vasbeslote om nie moed op te gee nie

DIE Ontwaak! van 22 Oktober 1998 het ’n kort artikel gehad oor die 17-jarige Matt Tapio se lang stryd teen kanker. Die titel was: “Hy het nie moed opgegee nie.” Matt is uiteindelik op 19 April 1998 oorlede terwyl die artikel geskryf is.

Die artikel het aangehaal wat Matt gesê het in ’n onderhoud wat opgeneem en by ’n vergadering van Jehovah se Getuies gespeel is, en dít het veral jong lesers getref. Dit is hoe party van hulle voel.

Deseree, ’n 20-jarige van Kanada, het geskryf hoe dit haar en haar maat in die voltydse bediening geraak het toe hulle gelees het hoe lief Matt vir Jehovah was: “Ons het in trane uitgebars. Ons het ’n hele ruk lank gehuil. . . . Almal van ons, veral jongmense, kan by Matt leer om ‘nóú te doen wat ons kan! . . . Wat ook al gebeur, moet nooit ophou om van Jehovah te getuig nie’!”

Erin, van Kentucky, VSA, het geskryf: “Ek kon nie anders as om te huil toe ek sy ondervinding gelees het nie. Ek is ’n gesonde 16-jarige meisie, en terwyl ek kan, wil ek soveel as moontlik vir Jehovah doen sodat ek eendag, wanneer hy opgewek word, self vir Matt kan vertel hoeveel sy ondervinding my aangemoedig het.” Maria, ’n 15-jarige van Texas, VSA, het eweneens verduidelik: “Ek is vasbeslote om alles wat ek kan vir Jehovah te doen terwyl ek nog gesond is. Matt se raad was baie nuttig.”

Jessica, jong meisie van Suid-Carolina, VSA, het geskryf: “Ek is 13 jaar oud, en dit het my geweldig baie aangemoedig om ’n ander jongmens te sien wat soveel ywer en liefde vir Jehovah het. Om net van Matt Tapio se toestand te lees, het my laat besef hoe geseënd ek is om gesond te wees. Ek het Matt se naam by my lys van broers en susters gevoeg wat ek graag in die nuwe stelsel wil ontmoet!”

Sara, van San Severino Marche, Italië, het geskryf: “Die artikel het my laat huil. Ek is 17, dieselfde ouderdom as Matt. Aangesien ek gesond is, is dit my begeerte om nooit op te hou om van Jehovah te praat nie, net soos Matt nooit opgehou het nie, selfs nie gedurende die moeilikste tye van sy lewe nie. Dankie dat julle sulke ondervindinge publiseer, wat ons motiveer om die beste deel van ons lewe, ons tyd en ons energie aan Jehovah te gee.—Prediker 12:1.”

Onderskraag deur die opstandingshoop

Of ’n mens nou oud of jonk is, dit is vandag iets algemeens om voor die werklikheid van die dood te staan te kom. ’n Negentienjarige met die naam Heidi het gesê: “In die afgelope twee weke is twee mense aan wie ek baie geheg was oorlede, en die enigste ding wat my aan die gang hou, is die hoop dat ek hulle in die opstanding weer sal sien.

“Ek is baie trots op Matt en sy vasbeslotenheid om aan te hou om vir ander te getuig ten spyte van die feit dat hy so siek was. Hy is ’n ware voorbeeld vir almal, en ek sien daarna uit om hom ’n drukkie te gee wanneer hy opgewek word.”

’n Moeder met die naam Nancy het geskryf: “Ek het die artikel so tussen die trane deur gelees. Ons dogtertjie, Rachelle, is op 11 Januarie 1996 weens ’n gewas op haar breinstam oorlede, net twee dae voordat Matt sy doel verwesenlik het om gedoop te word. Rachelle was net ses jaar oud toe die gewas haar lewe geëis het, maar soos Matt was sy ’n regte vegtertjie, en sy het altyd haar bes probeer om Jehovah te behaag.

“Dit sal ’n wonderlike dag wees wanneer Jehovah ons sal seën deur ons dogter gesond aan ons terug te gee en sy haar kinderdae ten volle sal kan geniet. Soos Jaïrus en sy vrou sal ons buite onsself wees ‘van groot ekstase’.”—Markus 5:42.

Shannon, van Georgia, VSA, het geskryf: “Hierdie verhaal het vir my gewys dat ’n mens ’n sterk standpunt vir Jehovah kan inneem selfs al is jy siek. Al het ek nie nou ’n ernstige siekte nie, en al was ek nog altyd blakend gesond, sal ek dit bêre om later weer te lees.

“Ek hoop dat Matt se ouers vertroosting sal put uit die opstandingshoop. Ek het ook iemand baie na aan my aan die dood afgestaan—my ouma, in 1995. Ek is so dankbaar dat ek Jehovah ken en dat ek die hoop het om my geliefdes weer te sien.”

’n Spaanse tiener het geskryf: “My ouers het die belangrikheid daarvan om Christelike vergaderinge by te woon by my en my vier susters ingeskerp. Maar nadat ek hierdie ondervinding gelees het, het ek besef dat ons dit as vanselfsprekend kan aanvaar. Ek wil Matt se ouers graag gelukwens dat hulle hom so ’n goeie geestelike opvoeding gegee het. Hulle is ’n voorbeeld vir almal van ons. Ek wil hê hulle moet weet dat Jehovah ons altyd bystaan, al is dit moeilik om hierdie soort leemte te verwerk.

“Ek hoop dat ek Matt in die nuwe wêreld sal ontmoet. Ek wil graag vir hom sê dat hy ’n uitstekende voorbeeld is en dat ons almal in ons harte aan hom dink. Jehovah is ’n God van die lewendes, en Matt is nou op dieselfde plek as my suster wat vier jaar gelede oorlede is—in Jehovah se geheue (Lukas 20:38). Matt, my suster Eva en baie ander getroue knegte van God is daar. Jehovah is wonderlik, en hy sal ons nooit in die steek laat nie.”

Die opstandingshoop is inderdaad ’n wonderlike hoop. Mag ons dit koester, en mag ons ons waardering vir hierdie grootse belofte toon deur elke dag ons Skepper in gedagte te hou, net soos sy geliefde Seun, Jesus Christus, gedoen het.

[Prent op bladsy 24]

Deseree

[Prent op bladsy 24]

Erin

[Prent op bladsy 24]

Maria

[Prent op bladsy 24]

Jessica

[Prent op bladsy 25]

Sara

[Prent op bladsy 25]

Heidi

[Prent op bladsy 25]

Nancy, met haar man en dogtertjie Rachelle

[Prent op bladsy 25]

Shannon

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel