Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 8/8 bl. 32
  • ’n Publikasie met ’n doel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Publikasie met ’n doel
  • Ontwaak!—1999
Ontwaak!—1999
g99 8/8 bl. 32

’n Publikasie met ’n doel

’N BESTUURDER van ’n openbare biblioteek in Praag, Tsjeggiese Republiek, het ’n beoordeling van twee bladsye van die Ontwaak! op ’n inligtingsbord in die biblioteek gesit. Hier volg ’n paar dinge wat hy geskryf het:

“Ek is nie een van Jehovah se Getuies nie. Ek is nie ’n toegewyde ondersteuner of ’n hewige teenstander van die Wagtoringgenootskap nie. Maar ek kan nie anders as om die Ontwaak! sterk aan te beveel nie, ’n tydskrif wat ek nou al ’n ruk lank lees. Selfs al lees ’n mens net een keer per dag die titel, kan jy daarby baat vind. Dit is egter nie net die titel nie, maar die hele inhoud van hierdie tydskrif wat kommersiële tydskrifte goed aanvul . . . 

“Die Ontwaak! het ’n weldeurdagte ontwerp. Dit bevat artikels oor onderwerpe wat ander tydskrifte om verskeie redes nie graag publiseer nie. Dit wys op gevolge, dit maak mense bewus van die wêreld om hulle . . . Ontwaak! oordeel nie. Dit verstrek feite en beskouings van gesaghebbendes, wys op voor- en nadele, haal die Bybel aan in oplossings vir aktuele probleme en laat die leser tot sy eie gevolgtrekking kom. Daarbenewens vra Ontwaak! vrae—en word die lesers geleer om dit ook te doen.”

Die deel op bladsy 4 van elke tydskrif, “Waarom Ontwaak! gepubliseer word”, verduidelik: “Maar hierdie tydskrif bou bowenal vertroue op in die Skepper se belofte van ’n vreedsame en veilige nuwe wêreld wat die huidige bose, wettelose stelsel van dinge binnekort gaan vervang.”

Jy sal ’n bespreking van hierdie belofte van God vind in die laaste twee dele van die brosjure met 32 bladsye Wat is die doel van die lewe? Hoe kan jy dit vind? Hierdie dele se titels is “God se voorneme gaan binnekort verwesenlik word” en “Die ewige lewe op ’n Paradysaarde”. Jy kan hierdie brosjure ontvang deur die bygaande koepon in te vul en te pos na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif.

□ Stuur asseblief vir my meer inligting oor hoe ek ’n eksemplaar van die brosjure Wat is die doel van die lewe? Hoe kan jy dit vind? kan kry.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel