Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 8/8 bl. 31
  • Godsdiens se agteruitgang in Brittanje

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Godsdiens se agteruitgang in Brittanje
  • Ontwaak!—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Ordening van vroue maak Anglikaanse geestelikes woedend
    Ontwaak!—1995
  • Die kerk—veranderinge en verwarring
    Ontwaak!—1993
  • Waarom verloor die kerk sy invloed?
    Ontwaak!—1996
Ontwaak!—1999
g99 8/8 bl. 31

Godsdiens se agteruitgang in Brittanje

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN BRITTANJE

THE SUNDAY TIMES van Londen het berig dat 1 500 Britte elke week die hoofstroomkerke verlaat. Die Rooms-Katolieke Kerk het sedert 1980 sowat 600 000 bywoners verloor, en die Anglikaanse Kerk—waaruit daar nog steeds elke week 600 lede stroom—het minder as eenmiljoen mense by hulle dienste, minder as die helfte van die bywoning van 50 jaar gelede. Ná die besluit van die Algemene Sinode in 1992 om vroue te orden, het ongeveer 500 geestelikes die Anglikaanse Kerk verlaat.

Baie wat die kerke verlaat het, voel dikwels kwaad en teleurgesteld omdat niemand hulle probeer keer het of, nadat hulle weg is, kontak met hulle probeer behou het om te sien wat gedoen kon word om hulle te help nie, het The Times berig. Sommige “het gesê dat die Kerk nie daarin geslaag het om enige invloed op hulle lewe uit te oefen nie”, het die koerant gesê.

Die Britse gemeenskap leef van “’n kwynende voorraad geestelike en sedelike kapitaal”, het kardinaal Basil Hume, die Rooms-Katolieke Aartsbiskop van Westminster, gesê. Wat het tot hierdie kwyning gelei? “’n Hongersnood na die Woord van God”, aldus ’n hoofartikel in die Catholic Herald. Dit het gesê: “By die mis word uittreksels van die Ou en Nuwe Testament aan ons voorgelees, maar selde, indien ooit, word die konteks verduidelik. . . . Lewensverhale van die heiliges en verskillende boeke oor geestelike onderwerpe is goed en wel, maar dit is nie genoeg om ons die Skrif te help verstaan nie.” Hierdie artikel het tot die gevolgtrekking gekom dat ’n “moderne, Bybelse aanbieding met ’n herderlike doel” ontbreek.

In ’n brief aan die Boston Target van Lincolnshire het ’n leser gesê: “Mense verloor hulle geloof in die godsdienste . . . Wat doen hierdie predikante die heeldag lank? Hulle gaan beslis nie uit soos Christus gedoen het en ontmoet die mense nie . . . Die enigste godsdiens wat blykbaar omgee, is die Jehovah se Getuies, wat uitgaan en mense ontmoet en werklik betrokke is by die verkondiging van die waarheid—hulle nooi jou om hulle dienste by te woon, hulle praat oor omgewingsake en doen iets daaromtrent. Ek is nie ’n JG nie, maar ek respekteer hierdie mense en ek luister na hulle.”

Het jy al ooit vergaderinge by die plaaslike Koninkryksaal bygewoon? Daar sal jy onderrigting ontvang wat gedagteprikkelend en nuttig is. Wil jy graag antwoorde op jou Bybelvrae hê? Verlede jaar het Jehovah se Getuies in 233 lande meer as eenmiljard uur van hulle tyd, sonder enige vergoeding, daaraan bestee om mense te help om die Bybel te verstaan, en hulle het meer as viermiljoen tuisbybelstudies gehou. Jehovah se Getuies beskou hierdie Bybelonderrigtingswerk as dié belangrikste werk wat tans gedoen word. Ons nooi jou om uit te vind waarom.—Matteus 24:14; 28:19, 20.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel