Insig in ons heelal
DIT is wat die nuwe boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? in die hoofstuk “Hoe het ons heelal hier gekom?—Die geskilpunt” voorsien. Maar dit doen meer. Dit ondersoek hoe lewe ontstaan het—hetsy deur toeval of deur skepping.
’n Professor in fisika in die Verenigde State het gesê: “Die boek bespreek van die interessantste raaisels in astrofisika, molekulêre biologie en die menslike anatomie wat baie moeilik deur toeval verduidelik kan word. Dit stel die betrokke kwessies duidelik sonder om in tegniese besonderhede vas te val. Die boek redeneer met die leser en haal talle vername wetenskaplikes in verskeie vakrigtings aan. Enigeen wat in die oorsprong van die heelal en lewe belangstel, hetsy as ’n wetenskaplike of ’n leek, móét dit eenvoudig lees.”
Jy kan meer inligting vra oor hoe om ’n eksemplaar van hierdie sagtebandboek met 192 bladsye te bekom deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Stuur asseblief vir my meer inligting oor hoe ek ’n eksemplaar van die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? kan bekom.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.
[Foto-erkenning op bladsy 32]
J. Hester and P. Scowen (AZ State Univ.), NASA