Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 4/8 bl. 17
  • Van klip tot edelsteen

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van klip tot edelsteen
  • Ontwaak!—1999
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ’n klip tot ’n edelsteen
  • Waarom is diamante so duur?
    Ontwaak!—1997
  • Die ontstaan van die moderne diamantbedryf
    Ontwaak!—2005
  • Jy kán geestelik vooruitgang maak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Waardeer jy Jehovah se aardse organisasie?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 4/8 bl. 17

Van klip tot edelsteen

Deur Ontwaak!-medewerker in België

AS GEVOLG van sy ongelooflike prag is dit al eeue lank ’n gesogte edelsteen. Weens sy hardheid—dit is die hardste natuurlike stof wat aan die mens bekend is—word dit alom in gereedskap en masjinerie gebruik. Hierdie fassinerende steen is die diamant.

Daar word allerhande interessante verhale oor party beroemde diamante vertel. Die een wat Koh-i-noor genoem word, wat “Berg van lig” beteken, is sewe eeue gelede in Indië gevind. Oorspronklik was die ruwe steen 191 karaat, maar later is dit tot 109 karaat gesny.a Dan is daar ook die Cullinan, wat ’n deel van die Britse kroonjuwele is en die grootste diamant is wat nog gevind en gesny is.

Van ’n klip tot ’n edelsteen

Diamante begin nie as pragtige edelstene nie. Die meeste moet uit die grond gegrawe word. Gemiddeld 250 ton grond moet uitgehaal en gesif word om een karaat suiwer diamant te kry. Van die 40 tot 50 miljoen karaat wat elke jaar gedelf word, is net ’n breukdeel geskik vir juweliersware.

Ruwe diamante moet gesorteer word volgens grootte, suiwerheid, kleur en vorm. In die ruwe staat het feitlik elke diamant onsuiwerhede. Maar soms is ’n gedeelte moontlik vry of betreklik vry van onsuiwerhede. In hierdie gevalle word die deel wat geen onsuiwerhede het nie, gekloof of gesaag om dit te skei. Wanneer dit groot en duur stene is, het vakmanne al glo maande lank beraadslaag voordat hulle enige snywerk gedoen het. Dit is te verstane wanneer jy in ag neem dat een enkele fout wanneer dit gekloof word die waarde van die diamant aansienlik kan verminder of selfs die hele steen kan ruïneer.

Uiteindelik word die steen geslyp om die diamant sy fasette te gee, wat by sy vorm moet pas. Hierdie fasette gee die edelsteen die vermoë om lig te weerkaats, wat die diamant die glans gee waarvoor dit so bekend is.

Die volgende keer wanneer ’n diamant se glans en prag jou aandag trek, kan jy gerus die harde werk van die mynwerkers en die noukeurigheid en vaardighede van die vakmanne onthou. Sonder hulle sou die diamant nooit van ’n onaantreklike glasagtige klip in ’n pragtige edelsteen omskep kon word nie.

[Voetnoot]

a ’n Karaat is ’n gewigseenheid wat gelyk is aan een vyfde van ’n gram.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel