Blokkiesraaisel
Dwars
1. Groep manne wat deur Jesus veroordeel is weens hulle geveinsdheid (Matteus 23:27, 28)
7. Dit het op die vierde skeppingsdag op die aarde sigbaar geword (Genesis 1:14)
9. Hierdie voël het gekraai nadat Petrus Jesus verloën het (Matteus 26:74, 75)
11. Tydelike woning waarin Israeliete gebly het gedurende hulle 40 jaar trek in die wildernis (Exodus 16:16)
13. As ons die waarheid van God se Woord ten volle wil verstaan, moet ons dít begryp (Efesiërs 3:18)
14. Een van die vernaamste teenstanders van Jesus se apostels (Handelinge 4:6)
15. Verlos (Johannes 12:47)
17. Net só ’n motief is vir God aanvaarbaar (Filippense 1:17)
19. ’n Stad wat aan die stam van Juda behoort het (Josua 15:21, 59)
21. Ons moet ons in alles só gedra (Hebreërs 13:18)
24. Temanitiese metgesel van Job (Job 2:11)
27. Hy was bekend omdat hy die warm fonteine in die wildernis gevind het (Genesis 36:24)
28. Die hoëpriester kon net met só ’n vrou trou (Levitikus 21:13, 14)
29. Hierdie deel van Salomo se draagstoel was van purper gemaak (Hooglied 3:10)
31. ’n Ware vriend verleen bystand in sulke tye (Spreuke 17:17)
32. Van die beproewinge wat Paulus verduur het (2 Korintiërs 6:5)
34. “Die manier waarop ek my houe rig, is só dat ek nie in die lug — nie” (1 Korintiërs 9:26)
35. Fees op 25 Kislew wat die hertoewyding van die tempel in Jerusalem gevier het (Johannes 10:22)
Af
1. Vrug van die gees (Galasiërs 5:22, 23)
2. Bybelboek wat deur Samuel geskryf is
3. Jakob se eerste vrou (Genesis 29:25)
4. Wanneer hierdie syfer figuurlik gebruik word, dra dit die gedagte van eenheid oor (Galasiërs 3:28)
5. Getroue seun van Aäron (Levitikus 10:1-7)
6. ’n Seun het hierdie reaksie gehad toe ’n demoon in hom ingevaar het (Lukas 9:42)
8. Wetlike waarborg wat deur God gebruik is om verdere krag aan sy belofte te verleen (Hebreërs 6:17)
9. ’n Term wat figuurlik gebruik word om organisasies of nasies af te beeld wat valslik beweer dat hulle God aanbid [meervoud] (Esegiël 16:33, 34)
10. Kanaänitiese stad wat deur Israel vernietig is (Numeri 21:1-3)
12. ’n Profetes wat, hoewel sy oud was, “nooit van die tempel afwesig was nie” (Lukas 2:36, 37)
16. Bely (Filippense 2:11)
18. Die Arabiese naam vir hierdie roofvoël beteken die “moeder van puinhope” (Psalm 102:7)
20. ’n Stad in noordelike Sirië, wat in die agste eeu v.G.J. onder die beheer van Assirië was (2 Konings 17:24)
22. ’n Stad wat aan die Meraritiese Leviete gegee is (1 Kronieke 6:77)
23. Hy was bereid om geoffer te word (Hebreërs 11:17)
25. Dit beteken letterlik “swaar dinge” (Galasiërs 6:2)
26. Hulle het die lot oor Jesus se klere gewerp ná sy teregstelling (Johannes 19:24)
27. Ook hulle eindig in die graf (Jesaja 5:14)
30. Die houer waaruit Dawid die klip gehaal het waarmee hy Goliat gegooi het (1 Samuel 17:49)
32. Met ’n skerp voorwerp skei (1 Konings 3:25)
33. Moeder van Hiskia (2 Konings 18:1, 2)
Oplossing van blokkiesraaisel op bladsy 14
Oplossing van blokkiesraaisel dwars
1. SKRIFGELEERDES
7. LIGTE
9. HAAN
11. TENT
13. BREEDTE
14. ANNAS
15. RED
17. SUIWER
19. MAÄRAT
21. EERLIK
24. ELIFAS
27. ANA
28. MAAGD
29. SITPLEK
31. NOOD
32. SLAE
34. SLAAN
35. TOEWYDINGSFEES
Oplossing van blokkiesraaisel af
1. SELFBEHEERSING
2. RIGTERS
3. LEA
4. EEN
5. ELEASAR
6. STUIPTREKKINGS
8. EED
9. HOERE
10. ARAD
12. ANNA
16. ERKEN
18. UIL
20. ÄWA
22. RIMMONO
23. ISAK
25. LASTE
26. SOLDATE
27. ADEL
30. TAS
32. SNY
33. ABI