Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 8/8 bl. 8-11
  • Gruweldade—Wat is God se oplossing?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gruweldade—Wat is God se oplossing?
  • Ontwaak!—1998
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Skynheiligheid
  • Lesse wat die Bybel leer
  • Wat God onthou en wat hy vergeet
  • Die finale Regter
  • ’n Nuwe wêreld is op hande!
  • Vergewe en vergeet is dit moontlik?
    Ontwaak!—1998
  • Moet ons die verlede onthou?
    Ontwaak!—1998
  • Die ware God en jou toekoms
    Die mensdom se soeke na God
  • ’n Nuwe wêreld sonder lyding
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 8/8 bl. 8-11

Gruweldade—Wat is God se oplossing?

HOE kan gruweldade voorkom word? Wat is die oplossing? Wanneer ons die geskiedenis bestudeer, word dit duidelik dat menseoplossings misluk het. Trouens, menseleiers se benadering van die saak weerspieël in groot mate inkonsekwentheid, indien nie openlike skynheiligheid nie.

Beskou byvoorbeeld die jaar 1995. Dit was die 50ste herdenking van die einde van die Nazi-Slagting, van die Tweede Wêreldoorlog en van die ontploffing van die atoombom. Daardie jaar is herdenkingsplegtighede wat deur wêreldleiers bygewoon is in baie dele van die wêreld gehou. Waarom? Om ’n gevoel van afkeer van hierdie gruweldade oor te dra sodat dit nooit herhaal sal word nie. Maar party waarnemers het ’n ongesonde dosis inkonsekwentheid in sulke plegtighede opgemerk.

Skynheiligheid

By hierdie plegtighede wat groot publisiteit gekry het, wou alle godsdiens- en regeringsverteenwoordigers as weldoeners beskou word of ten minste voorkom dat hulle as boosdoeners beskou word. En tog het nasies wat vorige gruweldade veroordeel het wapenarsenale gebou en ontsaglike somme geld vir daardie doel begroot. Terselfdertyd het hulle nie uiters dwingende probleme soos armoede, sedelike verdorwenheid en besoedeling opgelos nie, en hulle sê dikwels dat hulle nie genoeg fondse daarvoor het nie.

Wêreldse godsdiens probeer die geskiedenis so skryf dat dit hulle uitgerekte stilswye oor die gruweldade van diktatorskappe kan kamoefleer en hulle sameswering met die diktatorskappe kan stilhou. Hierdie godsdienste het niks gedoen om te keer dat mense van dieselfde godsdiens mekaar vermoor nie. In die Tweede Wêreldoorlog het Katoliek byvoorbeeld Katoliek doodgemaak en Protestant het Protestant doodgemaak omdat hulle van verskillende nasionaliteite en aan teenoorgestelde kante was. Beide kante het beweer dat hulle Christene is, maar wat hulle beoefen het, was heeltemal in stryd met Jesus se leringe (Matteus 26:52; Johannes 13:34, 35; 1 Johannes 3:10-12; 4:20, 21). Ander godsdienste het dieselfde gedoen. Vandag word gruweldade steeds in verskeie dele van die wêreld deur lede van hierdie godsdienste gepleeg.

In Jesus se tyd was die godsdiensleiers huigelaars. Jesus het hulle veroordeel en gesê: “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! want julle bou die grafte van die profete en versier die gedenkgrafte van die regverdiges, en julle sê: ‘As ons in die dae van ons voorvaders geleef het, sou ons nie saam met hulle deel gehad het aan die bloed van die profete nie.’ Daarom getuig julle teen julleself dat julle seuns is van dié wat die profete vermoor het” (Matteus 23:29-31). Daardie godsdiensleiers het beweer dat hulle godvrugtig is, maar hulle was huigelaars wat Jesus en sy dissipels vervolg het.

Lesse wat die Bybel leer

Ons kan lesse uit sekulêre geskiedenis leer, maar die Bybel is die bron van die nuttigste lesse. Dit vertrou nie die taak om die geskiedenis te vertolk aan menseoordeel of -vooroordeel toe nie. Die Bybel verduidelik die geskiedenis en die toekoms in die lig van God se denkwyse.—Jesaja 55:8, 9.

Die Skrif vertel van goeie en slegte gebeurtenisse, sowel as van goeie en slegte mense.’n Goeie les, een wat in ooreenstemming met God se wil is, kan dikwels uit hierdie verslae geleer word. Nadat die apostel Paulus ’n hele paar gebeurtenisse in die geskiedenis van die eertydse Israeliete gemeld het, het hy tot dié gevolgtrekking gekom: “En hierdie dinge het hulle as voorbeelde bly oorkom, en dit is opgeskryf as ’n waarskuwing vir ons” (1 Korintiërs 10:11). Jesus self het ’n les uit die geskiedenis getrek toe hy vir sy dissipels gesê het: “Dink aan die vrou van Lot.”—Lukas 17:32.

Wat God onthou en wat hy vergeet

Ons leer uit die Bybel dat God mense op grond van hulle dade onthou of vergeet. Diegene wat sondig maar berou toon, word “menigvuldiglik” deur God vergewe (Jesaja 55:7). As ’n goddelose berou toon en “hom van sy sonde bekeer, en reg en geregtigheid doen . . . , [sal] al sy sondes wat hy gedoen het . . . hom nie toegereken word nie”.—Esegiël 33:14-16.

Paulus het geskryf dat ‘God nie onregverdig is sodat hy julle werk sal vergeet en die liefde wat julle vir sy naam getoon het nie’ (Hebreërs 6:10). Jehovah sal dus diegene beloon wat hy gunstig onthou. Getroue Job het gebid: “Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, . . . my ’n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!”—Job 14:13.

Daarteenoor sal God, in ooreenstemming met die woorde wat Hy aan Moses gespreek het, só optree teenoor die onberouvolle kwaaddoener: “Dié sal Ek uitdelg uit my boek” (Exodus 32:33). Ja, God sal die goddeloses vir ewig vergeet.

Die finale Regter

God is die finale Regter wat die geskiedenis betref (Genesis 18:25; Jesaja 14:24, 27; 46:9-11; 55:11). Volgens sy verhewe oordeel sal hy nie die talle gruweldade vergeet wat teen die mensdom gepleeg is nie. Op die dag van sy regverdige verontwaardiging sal hy alle verantwoordelike mense en instellings oordeel.—Openbaring, hoofstukke 18, 19.

Dit sal die hele stelsel van valse godsdiens insluit, wat in die Skrif die simboliese naam “Babilon die Grote” gegee is. Daar is aangaande haar geskryf: “Haar sondes het tot aan die hemel opgehoop en God het haar ongeregtighede in herinnering gebring.”—Openbaring 18:2, 5.

Hierdie godsdienste was veronderstel om hulle volgelinge te leer om te doen wat reg is, maar hulle het versuim om dit te doen. God se Woord sê dus van alle wêreldse godsdienste: “In haar is die bloed van profete en van heiliges gevind, en van almal wat op die aarde doodgemaak is” (Openbaring 18:24). Omdat hulle versuim het om hulle lidmate te leer om hulle medemens en medegelowige lief te hê, is hierdie godsdienste bloedskuldig.

’n Nuwe wêreld is op hande!

Die dag waarop boosheid tot niet gemaak gaan word, is uiteindelik op hande (Sefanja 2:1-3; Matteus 24:3, 7-14). Ná daardie dag sal die tyd aanbreek wanneer ‘verdriet, geskreeu en pyn nie meer daar sal wees’ vir die gelukkige bewoners van die aarde nie (Openbaring 21:3-5). Gruweldade en slagtings sal nooit weer plaasvind nie, want die heerskappy van hierdie aarde sal van mense af weggeneem word en aan God se hemelse Koninkryk in die hande van die “Vredevors”, Jesus Christus, gegee word.—Jesaja 9:5, 6; Daniël 2:44; Matteus 6:9, 10.

Dan sal die profesie in Psalm 46:10 ten volle vervul wees: ‘God laat die oorloë ophou tot by die einde van die aarde.’ Daardie vrede sal vir ewig duur omdat, soos Jesaja 2:4 voorspel, ‘nasie nie meer teen nasie die swaard sal ophef nie, en hulle nie meer sal leer om oorlog te voer nie’. Psalm 37:11 voorspel dus: “Die ootmoediges . . . sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.” Ja, dan sal daar gesê kan word: “Die hele aarde rus, is stil; hulle breek uit in jubel”.—Jesaja 14:7.

Dit alles beteken dat ’n regverdige nuwe wêreld naby is. En in daardie nuwe wêreld, onder die heerskappy van God se hemelse Koninkryk, sal nog ’n wonderlike gebeurtenis plaasvind—die opstanding van die dooies! God se Woord gee die versekering: “Daar [gaan] ’n opstanding van die regverdiges sowel as die onregverdiges . . . wees.”—Handelinge 24:15.

Terwyl Jesus op aarde was, het hy dit gedemonstreer deur mense uit die dode op te wek. Toe hy byvoorbeeld ’n jong meisie opgewek het, sê die verslag: “Onmiddellik het die meisie opgestaan en begin loop . . . Dadelik was [diegene wat dit gesien het] buite hulleself van groot ekstase” (Markus 5:42). Met die opstanding sal diegene wat in gruweldade doodgemaak is sowel as ander wat lank reeds dood is uit die dode opgewek word en die geleentheid gegee word om vir ewig op ’n paradysaarde te lewe (Lukas 23:43). En mettertyd sal daar “aan die vorige dinge . . . nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie”.—Jesaja 65:17.

Jy sal verstandig optree as jy ’n juiste kennis van God se Woord, die Bybel, opdoen en sy wil doen. Dan sal God ten goede aan jou dink wanneer hy vir ewig die probleem van gruweldade oplos en die lewe aan slagoffers teruggee. Jesus het gesê: “Dít beteken die ewige lewe, dat hulle kennis inneem van u, die enigste ware God, en van die een wat u uitgestuur het, Jesus Christus.”—Johannes 17:3.

[Prente op bladsy 8, 9]

God sal hierdie aarde in ’n vreedsame paradys omskep

[Prente op bladsy 10]

God sal die gevolge van gruweldade van die verlede verwyder deur die dooies op te wek

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel