Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 7/8 bl. 19
  • ’n Dodelike bondgenootskap

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Dodelike bondgenootskap
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Oorwinning en tragedie
    Ontwaak!—1997
  • ’n Nuwe wapen in die stryd teen tuberkulose
    Ontwaak!—1999
  • Tering neem weer toe!
    Ontwaak!—1996
  • ’n Dodetal wat met dié van oorlog meeding
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 7/8 bl. 19

’n Dodelike bondgenootskap

IN 1959 het gesondheidswerkers in die Verenigde State voorspel dat tuberkulose (TB) kort voor lank iets van die verlede sou wees. In die daaropvolgende jare het die siekte inderdaad so vinnig afgeneem dat baie mense aangeneem het dat dit onder beheer is. Maar TB is terug, en dit het ’n dodelike bondgenoot gevind—HIV, die virus wat die immuunstelsel verswak en gewoonlik vigs tot gevolg het.

Hoewel meer as tweemiljard mense—ongeveer ’n derde van die wêreldbevolking—die TB-bakterie dra, het hierdie mense, wanneer hulle aanvanklik daarmee besmet word, net ’n 10-persent-kans om werklik in hulle leeftyd die siekte op te doen. Dit is interessant dat mense met HIV elke jaar ’n 8-persent-kans het om aktiewe TB op te doen. Namate meer mense HIV opdoen, loop meer mense groot gevaar om TB op te doen.

Dr. Richard J. O’Brien van die WGO (Wêreldgesondheidsorganisasie) sê dat daar gedurende die laaste jare ’n toename van nagenoeg 15 persent in TB-gevalle in die Verenigde State was. Dít, sê hy, is “grootliks toe te skryf aan die interaksie tussen HIV en TB”. Die grootste gevaar bestaan egter in die ontwikkelende wêreld. ’n Volle 90 persent van elke jaar se agtmiljoen nuwe gevalle word in die armste lande gevind, en ongeveer driemiljoen van hierdie pasiënte sterf.

Regoor die wêreld worstel sowat 4,4 miljoen mense met die dodelike paar. Die WGO voorspel dat TB in die nabye toekoms jaarliks ’n miljoen lewens sal eis onder diegene met HIV. “Hierdie tweeledige epidemies het saam die ernstigste openbare gesondheidsgevaar van die dekade geword”, het Peter Piot, uitvoerende direkteur van die Verenigde Nasies se Gesamentlike HIV/VIGS-program, gesê.

[Foto-erkenning op bladsy 19]

Mediese Fakulteit van New Jersey—Nasionale Tuberkulosesentrum

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel