Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 6/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 6/22 bl. 30

Van ons lesers

Die gawe van gehoor Ek wil graag baie dankie sê vir die artikel “Jou gehoor—’n kosbare gawe” (22 September 1997). Voordat ek die artikel gelees het, het ek gedink dat ek ’n redelik goeie begrip gehad het van hoe die oor werk en hoe ons hoor. Maar ek het nie besef hoe onkundig ek was nie. Die prent op bladsy 23 was wonderlik! Ek verwonder my oor al die bepeinsing en moeite wat dit geverg het om daardie prent van die oor te teken. Ek is selfs meer verwonderd oor wat dit moes vereis het om die oor te skep!

A. S., Verenigde State

Ek en my vriend is albei mediese spesialiste, en ons is daarvan oortuig dat ons, in al die jare van ons sekulêre studies, nog nooit ’n artikel gelees het wat die oor so eenvoudig en akkuraat beskryf het nie. Hierdie artikel laat ons saamstem met die woorde van Psalm 139:14 (NW): “Ek [is] op ’n vreesinboesemende wyse wonderbaar gemaak.”

M. B. en Z. B., Venezuela

Ek was die slagoffer van ’n dronkbestuurder. Toe ek ná ’n maand uit ’n koma wakker word, kon ek nie hoor nie. Ná 18 jaar is ek byna heeltemal doof, maar met behulp van gehoortoestelle kan ek ’n klein bietjie hoor. Hierdie tydige artikel help werklik diegene wat kan hoor om empatie te hê vir dié wat ’n gehoorgebrek het.

K. C., Verenigde State

Kilimandjaro Ek het die artikel “Kilimandjaro—die dak van Afrika” (8 September 1997) werklik geniet. Ek het die berg Kilimandjaro in Januarie 1994 gesien terwyl ek ’n internasionale byeenkoms van Jehovah se Getuies in Kenia bygewoon het. Toe ek dit sien, was ek diep beïndruk, en ek het Jehovah gedank vir sy wonderlike handewerk as ons liefdevolle Skepper.

E. J., Verenigde State

Geen deel van die wêreld Ek het die artikel “Die Bybelse beskouing: ‘Geen deel van die wêreld’—Wat beteken dit?” (8 September 1997) vreeslik geniet. Nadat ek dit bestudeer het, het ek besluit om nie meer die uitdrukking “wêreldling” te gebruik om nie-Christene te beskryf nie. Ek was per slot van rekening 30 jaar gelede self nog nie ’n Christen nie. Indien die persoon wat die eerste keer met my oor die Bybel kom gesels het hoogmoedig was, sou ek dalk nooit weer met ’n Getuie wou praat nie!

B. G., Verenigde State

Swendelaars

Ek het nie die moeite gedoen om die reeks “Pasop vir swendelaars!” te lees toe ek die nommer van 22 September 1997 ontvang het nie. Die volgende dag is vier van ons deur ’n oënskynlik vriendelike huurmotorbestuurder bedrieg wat ons onkunde omtrent die stad uitgebuit het. Ons moes baie betaal en is ver van ons bestemming afgelaai. As ons tog maar net die woorde van Spreuke 14:15 toegepas het wat aan die einde van die artikels aangehaal word: “Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe”!

J. P., Filippyne

Kruistogte Ek was besig om ’n bietjie navorsing te doen oor die Kruistogte toe ek die nommer van 8 Oktober 1997 ontvang het, met die artikel “Die Kruistogte—’n ‘tragiese illusie’”. Ons ontvang werklik inligting op die regte tyd! Dit het my daaraan herinner dat dit belangrik is om die tydskrif onmiddellik te lees wanneer ek dit ontvang.

T. K., Finland

Probleemvrye paradys Ek is nege jaar oud, en ek wil net dankie sê vir die artikel “’n Probleemvrye paradys—binnekort ’n werklikheid” (8 Oktober 1997). Ek was baie bly oor die artikel, want my pa was weg van die huis af, en saans wou ek en my ma nie eens ’n venster oopmaak nie omdat ons bang was dat iemand by ons huis sal inbreek. Daarom het dit my getroos toe ek lees hoe Jehovah belowe om alle misdaad en geweld weg te neem.

D. M., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel