Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 5/8 bl. 3
  • Aanneming—Is dit vir jou?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aanneming—Is dit vir jou?
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1997
  • Aanneming—Waarom en hoe?
    Ontwaak!—1996
  • Die nuwe geboorte—Wat bring dit teweeg?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Aanneming—Hoe pas ek in?
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 5/8 bl. 3

Aanneming—Is dit vir jou?

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN BRITTANJE

“AANNEMING is ’n diens aan kinders, nie ’n diens om kinderlose egpare van ’n baba te voorsien nie”, sê een Britse maatskaplike werkster. Maar watter seggenskap het ’n kind gewoonlik in sy of haar aanneming?

Oorweeg jy dit om ’n kind aan te neem? Dan kom jy nie net voor ’n emosionele besluit te staan nie, maar ook voor een wat onherroeplik is. Hoe goed sal die kind by julle gesin aanpas?

Weet jy, as jy ’n aangenome kind is, wie jou biologiese ouers is? Indien nie, dink jy dit sou enige verskil gemaak het as jy wel geweet het?

Is jy ’n moeder wat dit oorweeg om jou baba te laat aanneem? Is aanneming werklik die enigste oplossing en in jou kind se belang?

In 1995 is meer as 50 000 kinders in die Verenigde State aangeneem, en ongeveer 8000 van hulle is in die buiteland gebore. Mense neem in toenemende mate kinders uit die buiteland aan. Volgens die tydskrif Time het gesinne in die Verenigde State in die afgelope 25 jaar meer as 140 000 kinders aangeneem wat in die buiteland gebore is. Vergelykbare syfers vir Europa is Swede 32 000, Nederland 18 000, Duitsland 15 000 en Denemarke 11000.

Skets dit min of meer jou situasie? Die aanneming van ’n kind beteken dat jou lewe—nie net die lewe van die kind nie—nooit weer dieselfde sal wees nie. Pleegouers verwag met reg baie vreugdes, maar hulle moet ook voorbereid wees op baie probleme en teleurstellings. So ook kan die hartseer wat ’n moeder ondervind as sy haar kind laat aanneem dalk nooit heeltemal weggaan nie.

Elke geval bied die uitdaging om ’n jong lewe met liefde saam te stel of weer op te bou. Die volgende artikels sal party van die vreugdes—en uitdagings—van die aanneming van ’n kind bespreek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel