‘Hulle was so wonderlik!’
“Ek het dit nog altyd geniet om Die Wagtoring en Ontwaak! te lees, maar in die laaste jare was hulle so wonderlik dat dit moeilik is om die woorde te vind om hulle te beskryf. Ek wil graag my waardering uitspreek vir die inligting wat in die Ontwaak! se nommers van 22 Oktober en 8 November 1994 aangebied is onder die opskrifte “Wanneer godsdiens kant kies in oorlog” en “Sarajevo—van 1914 tot 1994”. Die Bosnies-Serwies-Kroatiese burgeroorlog is ’n ingewikkelde en tragiese situasie, maar een wat my as ’n Kroaat baie na aan die hart lê. Ek het veral die manier waardeer waarop julle die geskiedenis van die konflik en die diep wortels daarvan tot 1054 teruggevoer het. Dit het die aandag gevestig op die rol van godsdiens en sy meedoënlose pogings wat tot meer verdeeldhede en haat onder die nasionale groepe bygedra het. Ongelukkig kan die wêreld vandag net die slegste in hierdie inherent goeie mense sien. Nogmaals dankie dat julle ’n onbegryplike situasie verstaanbaar gemaak het. [Geteken] M. K.”
Ontwaak! het die reputasie opgebou dat dit sorgvuldige navorsing en onbevooroordeelde beriggewing bevat. Maar dit is ook ’n tydskrif wat die hoop uithou van ’n vreedsame toekoms gebaseer op God se belofte om die aarde onder sy Koninkryksheerskappy te bring.
As jy graag hierdie tydskrif gereeld wil lees, kan jy gerus met Jehovah se Getuies in jou omgewing in aanraking kom of skryf na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie nommer.
[Foto-erkenning op bladsy 32]
Right: Culver Pictures