Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 3/8 bl. 31
  • Beskerm jou teen weerlig!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Beskerm jou teen weerlig!
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Die donderstorm—die ontsagwekkende koning van die wolke
    Ontwaak!—1999
  • Die Seun van die mens sal geopenbaar word
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Wanneer die Seun van die mens geopenbaar word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Wanneer die Seun van die mens geopenbaar word
    Die grootste mens wat nog geleef het
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 3/8 bl. 31

Beskerm jou teen weerlig!

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN SWEDE

’N GEWONE weerligstraal kan tienmiljoene volts elektrisiteit met ’n stroom van tienduisende ampère dra. In vergelyking hiermee is die tipiese elektriese stroombaan in ’n huis gewoonlik 15 ampère.a Wat kan jy doen om die gevaar te verminder om deur weerlig raakgeslaan te word? Let op die volgende voorstelle.

• As dit enigsins moontlik is, gaan in die huis in. Selfs ’n motor kan goeie beskerming bied. Wat van ’n hoë gebou? ’n Hoë gebou met weerligafleiers kan ’n veilige plek wees. Die Empire State-gebou in die stad New York bly byvoorbeeld staan al word dit elke jaar ongeveer 25 keer deur weerlig getref. Dit is egter beter om strukture met metaaldakke wat nie geaard is nie en plekke naby antennes en metaalheinings te vermy.

• Kom weg van oop areas, soos mere, velde en golfbane. Alleenstaande, hoë bome kan ook gevaarlik wees. As jy in ’n gebied met baie bome is, soek skuiling naby dié wat die kortste is. As die storm gevaarlik naby is en jy nie van die oop area kan wegbeweeg nie, sit gehurk op die grond en vou jou arms om jou bene. Moenie plat lê nie, aangesien dit belangrik is dat jy die kleinste trefoppervlak moontlik skep.

• Selfs binnenshuis kan jy voorsorgmaatreëls tref. Die volgende is ’n paar wenke: Probeer kontak met elektriese geleiers, soos kaggels en metaalwaterpype vermy. Dit sal miskien wys wees om uit die stort of die bad te bly, en probeer ook om nie die telefoon te gebruik nie. Trek die proppe van alle rekenaars, televisiestelle en ander toestelle uit, aangesien hulle beskadig kan word as die huis getref word.

• As iemand deur weerlig getref word, is dit lewensbelangrik om onmiddellik kardiopulmonale resussitasie (KPR) toe te pas. Professor Victor Scuka, wat by die Departement vir Sterkstroomnavorsing aan die Universiteit van Uppsala, Swede, werk, sê dat pasiënte in baie gevalle met KPR bygebring is, selfs wanneer hulle skynbaar dood was. “Maar die behandeling”, waarsku hy, “moet onmiddellik toegepas word om breinskade te verhoed.”

Oorweeg dit om die voorsorgmaatreëls te tref wat so pas genoem is as jy in ’n elektriese storm vasgevang word. Dan is dit onwaarskynlik dat jy ’n slagoffer van hierdie ontsagwekkende skouspel sal word.

[Voetnoot]

a ’n Ampère is ’n maateenheid vir elektriese vloei, die hoeveelheid stroom wat gebruik word. Volts dui die sterkte van die stroom aan. Sien die Awake! van 22 Februarie 1985, bladsye 26-7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel