Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 7/22 bl. 31
  • ’n “Elektroniese aanslag op die brein”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n “Elektroniese aanslag op die brein”
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Het televisie jou verander?
    Ontwaak!—1991
  • TV—’n Tydrower?
    Ontwaak!—2006
  • Maniere om beheer daaroor te kry
    Ontwaak!—2006
  • TV—Die “subtiele onderrigter”
    Ontwaak!—2006
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 7/22 bl. 31

’n “Elektroniese aanslag op die brein”

TELEVISIE kan vermaaklik en leersaam wees. Maar professor Moshe Aronson van die universiteit van Tel-Aviv waarsku dat oormatige TV-kykery vir jou gesondheid gevaarlik kan wees. Hoe?

Professor Aronson beweer dat spanning by die passiewe kyker opbou wat nie verlig kan word terwyl hy voor die televisiestel sit nie. Dit lei tot die vorming van streshormone waarvan hoë vlakke die senuweeselle in die hippokampus kan beskadig—’n gebied wat noodsaaklik is vir die geheue. Hoewel hy sê dat meer studies nodig is, vermoed professor Aronson dat hierdie agteruitgang tot demensie kan bydra en iemand selfs later in sy lewe vatbaarder vir Alzheimer se siekte kan maak. In elk geval, die tydskrif New Scientist noem oormatige televisie-kykery ’n “elektroniese aanslag op die brein”.

In teenstelling met TV-kykery stimuleer lesery die verbeelding en prikkel dit die redeneervermoë—beslis nie ’n passiewe bedrywigheid nie! Terwyl elke beeld en klank vir die TV-kyker vertolk word, skep die leser sy eie tonele en klanke. Hierdie skeppende gebruik van die verstandelike vermoëns werk verstandelike stagnasie teë en bevorder sodoende ’n mens se gesondheid. Sal dit nie in die lig hiervan wys wees om die hoeveelheid tyd wat jy voor die televisiestel deurbring te beperk nie?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel