“Dankie dat julle bestaan”
Dit is wat ’n man van Noord-Carolina, VSA, aan die hoofkantoor van Jehovah se Getuies in Brooklyn, New York, geskryf het. Hy het ook gesê: “Ek wil graag die tuisbybelstudie hê wat julle in die Ontwaak! aanbied. Maar ek versoek ook alle inligting wat julle moontlik oor die onderwerp van die hel kan voorsien. . . .
“Ek is in die Baptistekerk grootgemaak, maar selfs toe ek ’n kind was, was daar iets omtrent hulle leringe of dogma wat net nie vir my sin gemaak het nie.
“Ek lees julle publikasies al sedert 1965. Ek raadpleeg die Bybel wanneer ek lees, en alles in julle lektuur stem met die Bybel ooreen. Ek wou nog altyd die werklike waarheid omtrent God en Jesus weet, en ek kan eerlik sê dat ek betroubare antwoorde deur julle leesstof en die Bybel vind.”
Moontlik sal jy ook inligting aangaande die Bybelse leringe van Jehovah se Getuies waardeer. As jy graag ’n eksemplaar van die traktaat Wat glo Jehovah se Getuies? wil bekom of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.