Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 7/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Rh-faktor en jy
    Ontwaak!—1994
  • Nie meer ’n rots of ’n eiland nie
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 7/22 bl. 30

Van ons lesers

Reaksie op eerstepersoonsvertelling Baie dankie vir die hartroerende verhaal van Larry Rubin, “Nie meer ’n rots of ’n eiland nie” (22 November 1994). Baie neem nie diegene in ag wat in die verlede gely het nie. My eie seun het eenkeer vir my gesê dat ek nie beangs sal wees as ek waarlik geloof het nie! Maar nie almal kan die verlede net vergeet nie. Hou asseblief aan om sulke lewensverhale te publiseer. Ek bid dat dit party harte sal versag.

M. L., Brittanje

Ek weet nie hoe om my dank te betuig nie. Ons kom so dikwels mense teë wat die letsels dra van vroeëre mishandeling. Dit is ’n ontsaglike uitdaging om hulle te help om deel van die gemeente te word en ’n verhouding met Jehovah aan te kweek. Die artikel het getoon dat dit vir sulke persone moontlik is om ander te leer liefhê en te vertrou.

J. D., Kanada

Ek is nou al 25 jaar lank ’n Christen. Ek het God tot dusver getrou met my verstand gedien, maar dit is asof my hart in soliede beton gehul is. Ek het in ’n gesin grootgeword waar alkohol misbruik is en is geslaan, seksueel gemolesteer en het ander traumatiese ondervindings deurgemaak. Jehovah het soveel vir my gedoen, maar ek kan hom nie liefhê nie. Larry Rubin se verhaal het my ’n straaltjie van hoop gegee dat ek miskien eendag oor my verlede sal kan huil en gevoelens sal hê. Miskien sal ek ook eendag kry wat Larry Rubin nou het—liefde, vertroue en aanvaarding.

A. F., Verenigde State

Party vorige lewensverhale het oor mense gehandel wat oënskynlik supermense is—vreesloos, sonder interne konflik, sonder swakheid. Larry Rubin se verhaal is uit ’n ander oogpunt vertel. Hy was openhartig en het sy intieme gevoelens geopenbaar. Ons kan ons met sulke lewensverhale vereenselwig omdat hulle oor dinge handel wat in ons eie lewe gebeur.

F. D. S., Brasilië

Rh-faktor Die manier waarop die Ontwaak! sulke omstrede onderwerpe bespreek, is waarlik prysenswaardig. In die artikel “Die Rh-faktor en jy” (8 Desember 1994) was die benadering nie dié van ’n godsdiensfanatikus nie. Die artikel was wetenskaplik akkuraat en het die jongste mediese terminologie gebruik, maar op ’n duidelike en verstaanbare manier. Dit weerlê die aantyging dat Jehovah se Getuies blinde fanatikusse is wat geen waarde aan menselewe heg nie.

I. R., Duitsland

Ek is swanger, en my dokter het vir my gesê dat ek ’n inspuiting nodig het om te voorkom dat ek teenliggaampies teen my baba se bloed ontwikkel. Ek het niks omtrent die Rh-faktor geweet nie en het nie daarteen beswaar gemaak nie. Toe ek later uitvind dat die inspuiting van bloed gemaak word, was ek bang dat ek dalk God se wet op bloed oortree het. Julle artikel het my gehelp deur te verduidelik dat die besluit om die inspuiting te neem uiteindelik ’n gewetensaak is.

C. W., Verenigde State

Om oor godsdiens te praat Hoewel ek as ’n Christen grootgemaak is, is ek baie skaam om ’n volle aandeel aan die openbare predikingswerk te hê, veral voor my skoolmaats. Die raad wat julle gegee het in die artikel “Jongmense vra . . . Waarom oor God praat?” (22 September 1994) het my aan die belangrikheid van daardie werk herinner. Ek sal julle aansporing ter harte neem om voldoende bekwaam te word as ’n onderrigter van God se Woord.

K. K., Nigerië

Ek is 12 jaar oud, en ek was werklik skaam om te sê dat ek een van Jehovah se Getuies is. Ek het gehoop dat my skoolmaats my nie sou sien velddiens doen nie. Die artikel het my help besef dat ek nie die enigste een is wat al met hierdie probleem te kampe gehad het nie, en dit het my gehelp om hierdie gevoelens van skaamte te oorkom.

M. V. S., Brasilië

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel