Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 1/8 bl. 32
  • “Rook stink”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Rook stink”
  • Ontwaak!—1995
Ontwaak!—1995
g95 1/8 bl. 32

“Rook stink”

In onlangse jare het die Kaliforniese Departement van Gesondheidsdienste ’n vurige opvoedingsveldtog teen rook gevoer. Die boodskap is kort en reguit en het op reklameborde oor die hele staat verskyn. Wat is sommige van die boodskappe? “Rokers is verslaafdes. Tabakmaatskappye is dwelmhandelaars. Rook stink.” “Tweedehandse rook sal vanjaar 50 000 nie-rokers doodmaak. Rook stink.” ’n Ander een sê onder die simbool van ’n sigaretpakkie: “Koop nou. Betaal later.” Met jou lewe, natuurlik. ’n Teken in Spaans sê: “Me muero por fumar.” Dit is ’n woordspeling wat as volg gelees kan word: “Ek sterf om te rook” of: “Ek sterf omdat ek rook.” Die foto van ’n gesig waarvan die een helfte ’n skedel is, lig dit goed toe.

’n Ander taktiek wat in party lande gebruik word om mense te ontmoedig om hulle tot tabak en nikotien te wend, is ’n sigaretsoort wat “Death” genoem word. Op die swart pakkie is daar ’n simbool van ’n skedel met gekruiste bene en ’n boodskap wat sê: “Sigarette is verslawend en aftakelend. As jy nie rook nie, moenie begin nie. As jy rook, hou op.”

Dit is moeilik om te sê of hierdie skoktaktiek met reklameborde enige uitwerking het op diegene wat reeds rook. Maar gedurende die afgelope ses jaar het “tabakgebruik in Kalifornië met 27 persent afgeneem, ongeveer drie keer die nasionale gemiddelde” (The Washington Post National Weekly Edition). Die reklamebordveldtog kan selfs potensiële rokers oor hierdie gevaarlike gewoonte laat besin. Diegene wat sê dat hulle Christene is, moet hierdie onreine, selfsugtige euwel beslis vermy. Die apostel Paulus het geskryf: “Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.”—2 Korinthiërs 7:1.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel