Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 2/8 bl. 32
  • Dit het promiskue geslagsomgang drasties verminder

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dit het promiskue geslagsomgang drasties verminder
  • Ontwaak!—1994
Ontwaak!—1994
g94 2/8 bl. 32

Dit het promiskue geslagsomgang drasties verminder

’n Raadgewer aan ’n universiteit in Oklahoma, VSA, het gesê dat die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk die bogenoemde gedoen het. Die raadgewer aan die Langston-universiteit het geskryf:

“Ek sou enigiemand wat met jongmense tussen die ouderdom van 13–18 te doen het, aanraai om hierdie spesifieke boek te gebruik. Dit verduidelik seks op ’n manier waarvan ons studente behoort te weet sodat hulle die probleme van vandag se komplekse samelewing die hoof kan bied. Uit my eie ondervinding het ek gevind dat dit hulle help om goed ingelig te wees oor wat gebeur as hulle promisku is. Dit leer hulle van verskillende seksueel oordraagbare siektes, soos vigs, geslagsiekte, herpes en gonorree.

“As jy wel besluit om geslagsomgang te hê, wys dit dat jy net een lewensmaat moet kies, en dit staan die heiligheid van die huwelik voor. Ek geniet dit werklik om hierdie boek te gebruik. Dit het ’n uitwerking op die lewe van diegene wat dit gebruik. Ek het opgemerk dat die aantal jong meisies in ons program wat swanger geraak het drasties verminder het ná ons die boek begin gebruik het.”

As jy graag ’n eksemplaar van Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, skryf gerus aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel