Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 5/22 bl. 31
  • Een enkele lewe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Een enkele lewe
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Die grootste mens wat nog geleef het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • “Wie sê die mense is ek?”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Jesus—Wat mense oor hom sê
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Ons het ’n ferm standpunt ingeneem vir God se heerskappy
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 5/22 bl. 31

Een enkele lewe

“HY IS in ’n onbelangrike dorpie gebore, die kind van ’n eenvoudige vrou. Hy het in ’n ander dorpie grootgeword, waar hy in ’n timmermanswinkel gewerk het totdat hy dertig was. Daarna was hy drie jaar lank ’n reisende prediker.

“Hy het nooit ’n boek geskryf nie. Hy het nooit ’n posisie beklee nie. Hy het nooit ’n gesin gehad of ’n huis besit nie. Hy het nie universiteit toe gegaan nie. Hy het nooit ’n groot stad besoek nie. Hy het nooit verder as [driehonderd kilometer] van sy geboorteplek af gereis nie. Hy het nie een van die dinge gedoen wat ’n mens gewoonlik met grootheid vereenselwig nie. Hy het geen aanbeveling buiten homself gehad nie.

“Hy was net drie-en-dertig toe die gety van openbare mening teen hom gedraai het. Sy vriende het weggehardloop. Hy is aan sy vyande oorgelewer en het die bespotting van ’n verhoor ondergaan. Hy is tussen twee diewe aan ’n [paal] genael. Terwyl hy gesterf het, het sy teregstellers oor sy klere, sy enigste aardse besittings, die lot gewerp. Toe hy dood was, is hy weens die ontferming van ’n vriend in ’n geleende graf neergelê.

“Negentien eeue het gekom en gegaan en vandag is hy steeds die hooffiguur van die mensdom en die leier van die mens se ontwikkeling. Al die leërs wat ooit uitgetrek het, al die vlote wat ooit gevaar het, al die parlemente wat ooit gesit het en al die konings wat ooit geheers het, het saam nie so ’n kragtige uitwerking op die lewe van die mensdom op aarde gehad soos daardie een enkele lewe nie.”a—’n Anonieme kommentaar oor die lewe van Jesus Christus.

[Voetnoot]

a Besonderhede van daardie enkele lewe verskyn in die boek Die Grootste Mens wat nog geleef het wat uitgegee word deur die Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel