“Dit lyk soos ’n boek wat ek graag self sal wil lees”
Jessica, ’n 16-jarige leerling by ’n hoërskool in die stad New York, het aan Ontwaak! geskryf: “Ek het ’n geskiedenisonderwyser van wie niemand, en ek bedoel niemand, hou nie. Hy het die klas groepprojekte oor ‘Die Groot Godsdienste’ gegee. My groep het die Islam gekry. Ek was nie bekommerd nie, want ek het geweet ek is goed toegerus met die boek Die mensdom se soeke na God. Ek het die beste verslag opgestel wat ek kon.
“Die dag het aangebreek dat ons groep ons mondelinge verslag moes gee. Die onderwyser het die leerlinge in die rede geval en op hulle geskreeu, dus was ek ’n bietjie senuweeagtig. Toe dit my beurt was, het ek die klas van die unieke kenmerke van die Islam vertel. Ek het die Soeke-boek omgestuur en vir die leerlinge gesê om na die prentjies op bladsye 286 en 289 te kyk. Toe die onderwyser deur die boek blaai, het hy my onderbreek en gesê: ‘Verskoon my, is dit jou boek? Kan ek dit maar hou?’ Ek het geantwoord: ‘Ek kan vir u u eie eksemplaar kry as u wil.’ Sy gesig het verhelder, en hy het gesê: ‘Dit sal wonderlik wees. Dit lyk soos ’n boek wat ek graag self sal wil lees.’ My hart het so hard geklop van opgewondenheid en verbaasdheid dat ek die res van my verslag net hakkelrig gegee het.
“Hy het vir my een van die hoogste punte in die klas (95) vir daardie verslag gegee. Ek dank Jehovah God en julle broers dat julle vir ons so ’n kosbare instrument soos Die mensdom se soeke na God gegee het.”
As jy graag meer inligting oor enige onderwerp wat in hierdie tydskrif bespreek is of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of aan die gepaste adres op bladsy 5.
[Prent op bladsy 32]
DIE MENSDOM SE SOEKE NA GOD