Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 3/8 bl. 31
  • Die geruislose jagter

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die geruislose jagter
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Uile—Ontwerp vir naglewe
    Ontwaak!—1990
  • Die uil se vere
    Ontwaak!—2009
  • Die Europese bosuil by die Muur van Hadrianus
    Ontwaak!—1995
  • Die uil se vlerk
    Is dit ontwerp?
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 3/8 bl. 31

Die geruislose jagter

AS JY al ooit saans in ’n woud geloop het, het jy moontlik die klaende geroep van die geruislose jagters gehoor—die uile. Aangesien daar minstens 145 spesies uile oor die hele wêreld is, kon die meeste mense al binne hoorafstand van ’n uil kom. Jy kan die gewone nonnetjie-uil oral in die Amerikas, Europa, Afrika en baie dele van Asië aantref asook in Tasmanië en ander dele van Australië. Wat maak die uil kenmerkend?

In die eerste plek is dit sy gesig en oë. Die gesigsvorm verskil van spesie tot spesie, maar hy het gewoonlik ’n “groot, breë kop met ’n pieringvormige vererand rondom die oë. . . . Dit laat klank na die uil se oorgate toe terugkaats” (The World Book Encyclopedia). In teenstelling met die meeste voëls se oë, is die uil se oë na vore gerig; hulle kan nie in hulle kasse beweeg nie. Uile moet gevolglik hulle kop beweeg om bewegende voorwerpe te volg. En hulle kan hulle koppe in feitlik ’n volle sirkel draai!

Nog ’n kenmerkende eienskap van hierdie nagtelike jagters is die vorm van hulle vere wat hulle in staat stel om feitlik geruisloos te vlieg. Hulle spoor hulle prooi met hulle oë of skerp gehoor op en kan geruisloos neerswiep vir hulle volgende maaltyd. Hulle is “van die nuttigste voëls vir boere” omdat hulle knaagdiere vang wat dikwels gewasse beskadig.

Die Book of North American Birds sê: “Uile oor die hele wêreld . . . word deur alle kulture as voëls beskou wat iets slegs voorspel en voorlopers van die dood is.” Die 14de-eeuse Engelse digter Geoffrey Chaucer het die nonnetjie-uil die “profeet van smart en ongeluk” genoem. Die Bybel praat in sewe verse van uile, waaronder Jesaja se vermelding van Babilon se verwoeste huise “vol uile”.—Jesaja 13:21.

Die groot ooruil het ’n ontsaglike eetlus. Een bron sê: “Dit is algemeen bekend dat die voëls soms selfs al neergeswiep en mense aangeval het wat pelshoede dra; hulle het blykbaar die pelse vir lewendige prooi aangesien”! Hoewel die uil as ’n onrein voël onder die Mosaïese Wet verklaar is, getuig sy unieke ontwerp van ’n unieke Skepper.—Levitikus 11:16, 17.

[Prente op bladsy 31]

Die groot ooruil—skerpsiende, met uitstekende gehoor en geruisloos in vlug

[Erkenning]

Photos: Courtesy of Green Chimneys Wildlife Rehabilitation Center, Brewster, NY

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel