Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 7/22 bl. 14
  • Die hoë prys van toornigheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die hoë prys van toornigheid
  • Ontwaak!—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat sê die Bybel oor woede?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Woede—Wat is dit?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Is dit altyd verkeerd om kwaad te word?
    Ontwaak!—1994
  • Wat gee aanleiding tot die era van woede?
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 7/22 bl. 14

Die hoë prys van toornigheid

IS JY geneig om toornig te word, gereed om by die geringste aanleiding in woede uit te bars? Bly jy dae lank toornig en briesend, en voel jy diep gekrenk elke keer as iemand jou aanstoot gee? Indien wel, is jy moontlik nie net besig om diegene om jou van jou te vervreem nie; jy is dalk besig om jouself deur jou toornigheid dood te maak.

Kan toornigheid werklik dodelik wees? Volgens ’n onlangse verslag in The New York Times News Service is dié moontlikheid geensins vergesog nie. Die verslag sê byvoorbeeld “chroniese toornigheid is so skadelik vir die liggaam dat dit aan die rook van sigarette, vetsug en ’n vetryke dieet gelykgestel word, of dit selfs oortref, as ’n vername risikofaktor wat aanleiding gee tot ’n vroeë dood”.

Ter stawing hiervan haal die verslag verskeie wetenskaplike ondersoeke aan. In een ondersoek is ’n aantal 25-jarige universiteitstudente se persoonlikheid getoets om die vyandigheidspeil te meet wat hulle in verskeie alledaagse situasies ondervind het. Vyf-en-twintig jaar later het navorsers die ondersoek op hierdie studente opgevolg. Dié wat as die minste vyandig beoordeel is, het ’n baie lae sterftesyfer gehad. Net 4 persent van hulle het gesterf voor hulle 50 was. Maar die vyandigstes het nie so goed gevaar nie—20 persent van hulle was toe al dood! ’n Ander ondersoek het bevind dat diegene wat in hulle jeug as die vyandigstes beoordeel is, geneig was om later in hul lewe ’n baie hoër nadelige cholesterolvlak te hê, wat in hulle geval die gevaar van ’n hartkwaal baie vergroot het.

Wat van diegene wat van onderdrukte woede kook, pleks van positiewe maniere te vind om hulle probleme op te los? Dr. Mara Julius, ’n epidemioloog aan die Universiteit van Michigan, het ’n opname onder ’n groep vroue gedoen wat 18 jaar geduur het. Sy het bevind dat die sterftesyfer onder vroue wat ooglopende tekens van chroniese, onderdrukte vyandigheid getoon het nagenoeg drie keer hoër was as diegene wat nie so toornig was nie. Sy het tot hierdie slotsom gekom: “Dit wil voorkom asof voortdurende onderdrukte toornigheid in die geval van baie vroue ’n groter risikofaktor vir ’n vroeë dood inhou as die rookgewoonte.”

Duisende jare voor sulke wetenskaplike ondersoeke het die Bybel al teen toornigheid gewaarsku. “Laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie”, sê een teks (Efesiërs 4:26). “Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid”, vermaan ’n ander een (Psalm 37:8). Selfs nog merkwaardiger is die feit dat die Bybel ons emosionele toestand met ons fisieke gesondheid in verband gebring het toe dit gesê het: “’n Rustige hart is die lewe vir die vlees.”—Spreuke 14:30.

[Prent op bladsy 14]

Die ondernemer sien ’n toornige man en sien bly vooruit na ’n “klant”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel