Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 12/8 bl. 3
  • Hoe beskou jy mense van ’n ander ras?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe beskou jy mense van ’n ander ras?
  • Ontwaak!—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom is rasse so ’n geskilpunt?
    Ontwaak!—1993
  • Wat is rasse?
    Ontwaak!—1993
  • Die plaag versprei
    Ontwaak!—1998
  • Hoe kan ek my teen ’n bende-aanval beskerm?
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 12/8 bl. 3

Hoe beskou jy mense van ’n ander ras?

“Die kaalkoppe [skinheads] van Amerika is, soos die dinamiese kaalkoppe in Europa, Ariër-jeugdiges van die arbeidersklas. Ons staan die kapitalistiese en kommunistiese skuim teë wat ons Ariese ras vernietig. . . . Die parasitiese Joodse ras is die kern van ons probleem.”

SO LUI ’n strooibiljet van ’n bende kaalkoppe van Chicago. Kaalkoppe is jongmense wat hulle hare afskeer, kenmerkende hardekoejawel-klere dra waarop swastikas geborduur is, wat geweld verheerlik, na ‘wit mag’-musiek luister en wat Jode, swartes en ander minderheidsgroepe verafsku.

Die leier van ’n bende met die naam Romantic Violence het aan ’n vergadering wit rassistiese leiers gesê dat sy groep “oorlog voorstaan”, en hy het bygevoeg: “Ek is ’n gewelddadige persoon. Ek het die wit ras lief, en as jy iets liefhet, is jy die boosaardigste mens op aarde.”

In vergelyking met ander groepe is die kaalkoppe min. Hulle beskouings is ekstremisties. Betreklik min mense is vandag so openlik bevooroordeeld en aggressief in hulle beskouing. Nogtans is baie in die geheim mense van ’n ander ras vyandiggesind en wantrou hulle hulle. Reg oor die wêreld word mense op grond van die vorm van hulle oë of hulle velkleur beoordeel. Is daar enige grondslag hiervoor? Is daar aangebore verstandelike of temperamentele verskille tussen rasse? Om hierdie vrae te kan beantwoord, moet ons eers kyk hoe verskillende gesigspunte omtrent rasse deur die eeue heen ontstaan het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel