Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 6/22 bl. 4-5
  • Eeue van skismas

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Eeue van skismas
  • Ontwaak!—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom is daar soveel gelowe wat almal sê dat hulle Christelik is?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • ’n Nuwe skisma
    Ontwaak!—1990
  • Waarom die “diep kommer?”
    Ontwaak!—1990
  • Is Christelike eenheid moontlik?
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 6/22 bl. 4-5

Eeue van skismas

DIE woord “skisma” word omskryf as “die proses waardeur ’n godsdienstige liggaam verdeel om twee of meer onderskeie, onafhanklike liggame te word.”

330 G.J. “Die skisma tussen die Griekse en Latynse Christendom. . . . Die stigting van Konstantinopel, die ‘nuwe Rome’ (330), wat die ‘ou Rome’ as ’n imperiale hoofstad vervang het, het die saadjies van ’n toekomstige kerklike mededinging tussen die Griekse Ooste en die Latynse Weste gesaai.”—The Encyclopedia of Religion.

330–867 G.J. “Van die begin van die Bisdom van Konstantinopel tot die groot skisma in 867 is die lys van hierdie tydelike skeurings van gemeenskap ’n ontsaglike een. . . . Konstantinopel was nie minder nie as 203 van hierdie 544 jaar (323-867) in ’n staat van skisma [met Rome oor Drie-eenheidsverwante teologiese geskille en die aanbidding van beelde].”—The Catholic Encyclopedia.

867 G.J. “Die bisdom van Konstantinopel het sy posisie teen Rome gedurende die sogenoemde Photiaanse Skisma gehandhaaf. Toe pous Nicholas I die verheffing van Photius as patriargaat betwis het, . . . het die Bisantynse patriarg geweier om neer te buig. . . . Nicholas . . . het Photius geëkskommuniseer; ’n konsilie in Konstantinopel het Nicholas op sy beurt geëkskommuniseer (867). Die onmiddellike geskilpunte tussen die twee bisdomme was aangeleenthede oor kerklike oppermag, die liturgie en kerklike dissipline.”—The New Encyclopædia Britannica.

1054 G.J. “OOS-WES-SKISMA, ’n gebeurtenis wat die finale skeiding tussen die Oostelike [Ortodokse] Christenkerke . . . en die Westelike [Rooms-Katolieke] Kerk verhaas het.”—The New Encyclopædia Britannica.

1378–1417 v.G.J. “[GROOT] WESTELIKE SKISMA—Die tydperk . . . waarin die Westelike Christendom tussen twee, en later drie, gebiede van pouslike gesag verdeel was [met mededingende pouse in Rome, Avignon (Frankryk), en Pisa (Italië)].”—New Catholic Encylopedia.

16de eeu G.J. “Wat die Protestantse Hervorming betref . . . gebruik die Katolieke Kerk meestal die term kettery eerder as skisma.”—Théo—Nouvelle encyclopédie catholique.

1870 G.J. “Die Eerste Vatikaanse Konsilie wat die ‘onfeilbaarheid’ van die pous voorgestaan het, het die skisma van die ‘Ou Katolieke’ veroorsaak.”—La Croix (Paryse dagblad, Katoliek).

1988: Skisma van aartsbiskop Lefebvre, wat ’n “skisma in die Katolieke Kerk begin het deur sy trotsering van die pous en die gees van die tweede Vatikaanse Konsilie . . . wat Protestante as ketters beskou, wat ekumenisme as die werk van die duiwel sien en wat gewillig is om as geëkskommuniseerde te sterf eerder as om hom met ’n ‘modernistiese’ Kerk te versoen”.—Catholic Herald.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel