Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 149
  • Wat beteken “oog vir oog”?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat beteken “oog vir oog”?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Wat was die doel van die wet “oog vir oog”?
  • Is die wet “oog vir oog” op Christene van toepassing?
  • Verkeerde idees oor die wet “oog vir oog”
  • Is jou oog “reg”?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Wyse raad vir die oog
    Ontwaak!—2012
  • Hou jou oog eenvoudig
    Ons Koninkryksbediening—2004
  • Wat beteken dit om die ander wang te draai?
    Ontwaak!—2010
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 149
’n Man se oë

Wat beteken “oog vir oog”?

Die Bybel se antwoord

Die wet van “oog vir oog” was deel van God se Wet wat hy deur middel van Moses aan eertydse Israel gegee het. Jesus het dit ook in sy Bergpredikasie aangehaal (Matteus 5:38; Eksodus 21:24, 25; Deuteronomium 19:21). Dit het beteken dat wanneer kwaaddoeners gestraf word, die straf by die oortreding moet pas.a

Hierdie wet was van toepassing wanneer ’n persoon iemand anders opsetlik beseer het. Die wet van Moses het gesê wat met so iemand moes gebeur: “Breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand; dieselfde soort gebrek wat hy aan die mens veroorsaak, moet aan hom veroorsaak word.” — Levitikus 24:20.

  • Wat was die doel van die wet “oog vir oog”?

  • Is die wet “oog vir oog” op Christene van toepassing?

  • Verkeerde idees oor die wet “oog vir oog”

  • Jesus stel ’n verkeerde idee reg

Wat was die doel van die wet “oog vir oog”?

Die wet “oog vir oog” het mense nie die reg gegee om self wraak te neem nie. Dit het aangestelde regters eerder gehelp om die gepaste straf te gee wat nie te swaar was nie maar ook nie te lig nie.

Die wet het ook gehelp om te keer dat mense ander opsetlik seermaak of selfs planne maak om dit te doen. Die Bybel verduidelik: “Dié wat oorbly [diegene wat gesien het hoe God se geregtigheid uitgevoer word] sal dit hoor en bang wees, en hulle sal nooit weer so iets slegs in jou midde doen nie.” — Deuteronomium 19:20.

Is die wet “oog vir oog” op Christene van toepassing?

Nee, hierdie wet geld nie vir Christene nie. Dit was deel van die wet van Moses, en Jesus se offerdood het ’n einde daaraan gemaak. — Romeine 10:4.

Maar hierdie wet leer ons iets oor die manier hoe God dink. Byvoorbeeld, dit wys dat God lief is vir regverdigheid (Psalm 89:14). Dit wys ons ook wat God se standaard van regverdigheid is — hy wil hê dat mense wat opsetlik verkeerde dinge doen, “in die regte mate” gedissiplineer moet word. — Jeremia 30:11.

Verkeerde idees oor die wet “oog vir oog”

Verkeerde idee: Die wet “oog vir oog” was ’n wrede wet.

Feit: Hierdie wet het mense nie die reg gegee om ander op ’n wrede manier te straf nie. Wanneer die wet reg toegepas is, het dit beteken dat bekwame regters eers iemand sou straf nadat hulle die omstandighede ondersoek het en gekyk het of die oortreding opsetlik was (Eksodus 21:28-30; Numeri 35:22-25). Sodoende het die wet “oog vir oog” help keer dat enige straf te swaar of te lig was.

Verkeerde idee: Die wet “oog vir oog” het veroorsaak dat mense aanhoudend wraak neem.

Feit: Die wet van Moses het gesê: “Jy mag nie wraak neem of ’n wrok koester teen die kinders van jou volk nie” (Levitikus 19:18). Die wet het mense nie aangemoedig om self wraak te neem nie, maar om eerder op God te vertrou en op die regstelsel wat hy ingestel het om dinge reg te stel. — Deuteronomium 32:35.

Jesus stel ’n verkeerde idee reg

Jesus het geweet dat party die verkeerde idee oor die wet “oog vir oog” gehad het. Hy het hulle reggehelp deur te sê: “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Oog vir oog en tand vir tand.’ Ek sê egter vir julle: Moenie die een wat goddeloos is, teëstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang klap, draai die ander een ook na hom toe.” — Matteus 5:38, 39.

Let op dat Jesus gesê het: “Julle het gehoor dat daar gesê is.” Dit lyk of hy hier gepraat het van party Joodse godsdiensleiers wat mense geleer het dat dit goed is om wraak te neem. Adam Clarke, ’n Bybelgeleerde, het gesê: “Dit lyk asof die Jode hierdie wet [oog vir oog] ... gebruik het om persoonlike wrokke en al die oortredings wat met sulke wraakgevoelens saamgaan, goed te keur.” Deur dit te doen, het die godsdiensleiers die doel van God se Wet verdraai. — Markus 7:13.

In teenstelling hiermee het Jesus duidelik gewys dat die grondslag vir God se Wet liefde is. Hy het gesê: “‘Jy moet Jehovah jou God liefhê . . .’ Dit is die grootste en eerste gebod. Die tweede, soortgelyk hieraan, is dit: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Aan hierdie twee gebooie hang die hele Wet” (Matteus 22:37-40). Jesus het geleer dat liefde die hoofkenmerk van sy ware volgelinge sou wees, nie wraak nie. — Johannes 13:34, 35.

a Hierdie regsbeginsel, wat in Latyn lex talionis genoem word, kan ook in die regstelsels van ander gemeenskappe van die ou tyd gevind word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel