DEEL 1
Van die dae van Henog tot die tyd van die rigters
Gedrukte weergawe
In hierdie deel reis ons deur ’n tydperk van omtrent 2 200 jaar. Ons begin by Henog, wat gelewe het toe Adam nog geleef het, en eindig met die tyd van die profeet Samuel, wat Israel se eerste koning aangestel het. Langs die pad kyk ons na uitstekende voorbeelde van moed, soos die van Noag, Abraham, Sara, Moses, Ragab, Debora en Gideon. Party het lang, moeilike reise vol gevare aangepak, terwyl ander in “die oorloë van Jehovah” moes veg. Hulle almal het gewys dat hulle moedig was deur gehoorsaam te wees aan die instruksies van hulle geliefde God.