Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/12 bl. 25
  • Die watersalamander se selfvernuwende lens

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die watersalamander se selfvernuwende lens
  • Ontwaak!—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2012
  • Sien die onsigbare—die wetenskap van die optika
    Ontwaak!—1991
  • Bifokale—Wie het hulle eerste gehad?
    Ontwaak!—1999
  • ’n Kykie na brille
    Ontwaak!—1993
Sien nog
Ontwaak!—2012
g 7/12 bl. 25

Is dit ontwerp?

Die watersalamander se selfvernuwende lens

● Die watersalamander is merkwaardig weens sy vermoë om liggaamsdele, soos sy organe, weefsel, ledemate en stert, te regenereer, oftewel te laat teruggroei. Maar is die nuwe liggaamsdele so goed soos die oorspronklikes? Wanneer dit by die lens van die watersalamander se oog kom, sê navorsers ja.

Dink hieraan: Watersalamanders regenereer die lense in hulle oë deur irisselle in lensselle te omskep. Om meer omtrent hierdie proses te leer, het bioloë ’n groep Japannese vuurbuiksalamanders 16 jaar lank bestudeer. Die bioloë het elke salamander se lense agtien keer verwyder. Elke keer het die salamanders se lense teruggegroei, net soos verwag is.

Teen die einde van die studie was die salamanders ongeveer 30 jaar oud—vyf jaar ouer as hulle verwagte lewensduur in die natuur. En tog kon hulle nog steeds hulle lense net so vinnig laat teruggroei as toe hulle jonger was. Daarbenewens, berig die Universiteit van Dayton in Ohio, VSA, was die nuwe lense “feitlik identies aan gesonde lense wat verwyder is van volgroeide salamanders wat nog nooit lense geregenereer het nie”. Die bioloog Panagiotis Tsonis, ’n lid van die span wat die salamanders bestudeer het, erken: “Selfs ek was nogal verbaas.” Hy het die nuwe lense as “volmaak” beskryf.

Wetenskaplikes hoop dat die watersalamander se vermoë om beskadigde liggaamsdele te laat teruggroei, hulle sal help om te verstaan hoe beskadigde weefsel in mense geregenereer kan word. “Die watersalamander is ’n uitstekende bron van inligting oor regenerasie”, sê Tsonis, “veral in verband met die verouderingsproses.”

Wat dink jy? Het die watersalamander se selfvernuwende lens deur middel van evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?

[Diagram op bladsy 25]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

Nuwe lense is feitlik identies aan die oorspronklikes

[Foto-erkennings op bladsy 25]

Boonste foto: © Vibe Images/Alamy; middelste foto: © Juniors Bildarchiv/Alamy

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel